Local newsNews

FOTOS: Mnr. en Mej. Bergvlam gekroon tydens glansgeleentheid

Die kroning van Mnr. en Mej. Bergvlam 2020 het gisteraand tydens 'n glansgeleentheid by Hoërskool Bergvlam plaasgevind.

Die beoordeling is digitaal gedoen en Louise Maree was verantwoordelik vir die verwerking van al die video inskrywings.

“Mnr. en Mej. Bergvlam-finaliste is ambassadeurs vir ons skool se waardes. Hulle is ‘n ligbaken in hulle gemeenskap en vir die ander leerders in die skool.

“Dié leerders kry blootstelling aan geleenthede buite hul verwysingsraamwerk en ontwikkel sodoende hul menswees. Deur deel te wees van soveel liefdadigheidsprojekte kweek hulle ook ‘n liefde vir hul medemens,” sê Yolandie O’Reilly, organiseerder van die geleentheid.

“Dit is vir ons belangrik dat ons leerders besef dat innerlike skoonheid net so belangrik is soos uiterlike skoonheid en dat ons dit wat ons ontvang het moet gebruik om ander te help,” sê sy.

Kyle Fulton het die titel van Mnr. Bergvlam verower en Keyanna van Dyke is Mej. Bervlam

LEES OOK: Geldinsameling vir Cyzelle ‘n reuse-sukses

Die ander wenners was Chiné Maritz (verantwoordelikheid), Taniel Leverington (Ubuntu), Jessica Els (integriteit), Sine Zulu (respek), Noluthando Mabaso (trots), Mandie Grobler (die finalis wat die meeste gegroei het), Ane Braun (Mej. Persoonlikheid), Keyanna v Dyk (debutante) en Bianca Vosloo (tegnologie).

Die beoordeelaars was JP Erasmus (St Peters), Affie Botes (Mev. Mpumalanga: liefdadigheid), Carol Koetz (MUD), Tarina Coetzee (Laevelder) en Ilze van der Merwe (Ramps to Runway). Elma Photography het die foto’s geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button