Local newsNews

Die Bosmark lok talle kuiergaste Barberton toe

Die Bosmark sal op elke eerste naweek na maandeinde gehou word.

Onder normale omstandighede is daar geen keer aan Laevelders se liefde vir ‘n gesellige kuier nie. Die nasionale coronavirusinperkingstydperk het dié liefde ongelukkig tot stilstand gebring.

SuidAfrikaners kon dus as gevolg van die beperkings nie vrylik beweeg nie en dit was ‘n verskriklike terugslag vir kuierende Laevelders.

Die groep by die Jock Boskombuis, wat op die R38 net buite die dorp geleë is, het gou besef hoe mense finansieel geraak is deur die inperking en het oor die naweek‘n Bosmark vir inwoners in die omtrek aangebied.

LEES OOK: Die Parmantige Samaritane se kuier in Barberton is ‘n besoek met ‘n doel

Volgens Andréa Els, die bestuurder van Barberton Adventures, is die geleentheid hoofsaaklik aangebied om plaaslike
inwoners maandeliks bymekaar te kry om hul produkte of tuisgemaakte goedere daar uit te stal en te verkoop.

Eienaars, Louis en Thea Rautenbach het verduidelik dat die Jock Boskombuis omskep is in ‘n vliegtuigskuur om ‘n
eetplek vir gaste by die lodge, Jock of the Bushveld te gee. Els het verder verduidelik dat die perseel boonop kindervriendelik is.

LEES OOK: Dogtertjie van Malalane skenk dierekos aan Barberton DBV vir haar verjaarsdag

“Die Laeveld Boereorkes het opgetree en het eg-Afrikaanse vermaak voorsien tot 22:00. Kinders geniet dit vreeslik hier omdat hier ‘n lekker speelpark is wat ‘n swembad en genoeg hardloopplek het om van al die energie ontslae te raak.

“Dit is veilig en ouers kan hulle sonder toesig los terwyl hulle tyd saam met die beeste en perde spandeer.”



LEES OOK: Geldinsameling vir Cyzelle ‘n reuse-sukses

Die plaasgevoel is aanloklik vir besoekers en die organiseerders beoog om die Bosmark ‘n maandelikse instelling te maak.

“Dit sal op elke eerste naweek na maandeinde gehou word. Thea Rix en Pappa Chef is ou bekendes van die Laeveld en is elke maand hier. As jy wil oorslaap, het ons genoeg chalets teen ‘n spesiale prys vir daardie naweek, dus hoef niemand terug te ry nie,” het Els verduidelik.

LEES OOK:Wêreld-onderwysersdag: Oud-Nellie Wessel Pretorius dra ‘n lofgedig op

Sy het ook genoem dat hulle graag Barberton Recovery-sentrum hierdie maand wou ondersteun en dus was daar ‘n klein fooi vir uitstallers gevra.

“Skaap op die spit en pap en kaaiings bly ‘n groot treffer. Dit sluit natuurlik Boskombuis se wenner-pizzas ook in.”

LEES OOK: Helpende Hand werf 40 000 ondersteuners

Els het ook genoem dat ‘n potjiekoskompetisie ‘n groot trekkaart is waar wenners vier keer teen mekaar meeding
om met hul kookvernuf te spog.

LEES OOK: Care Buddies gee steeds om vir die Laeveld se bejaardes

“Almal kan ‘n geleentheid kry om met groot pryse weg te stap en ander te wys wie die bobaaskok is.

“Die mark groei geweldig en ons hoop om nog meer besighede by die volgende Bosmark in te sluit,’’ het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button