Local newsNews

IN FOTO’S: Nou gaan Laevelders éérs lekker kan skoffel by Mustangs

In 'n kwessie van twee weke is daar 'n splinternuwe buitelugverhoog by Mustangs - The Dancing Place in Mbombela gebou, waar kunstenaars voortaan Laevelders kan vermaak.

Dié verhoog vorm deel van ‘n area wat as die Buffelsfontein Arena gedoop is, het eienaar Bejanke Nel gesê.

“Dit het alles in twee weke plaasgevind. Die laaste twee dae het ons al die laaste klein goedjies reg gekry.”

‘n Geliefde Afrikaanse kunstenaar, Demi Lee Moore, het Vrydagaand die eer gehad om die nuwe verhoog in te wy, en die gemeenskap het nie teleurgestel met hul teenwoordigheid of gees nie.

Tot Moore se verbasing was daar selfs ‘n groep mense wat spesiaal hemde laat maak het met haar gesig op. Nel het gesê die 500 kaartjies wat beskikbaar was, was almal uitverkoop.

Hulle was nie net opgewonde oor Vrydag se byeenkoms nie, maar ook vir wat die Buffelsfontein Arena in die toekoms vir die Laeveld inhou.

Met dié dat die Innibos Nasionale Kunstefees gekanselleer is, het sy gesê as die Covid-19-regulasies dit toelaat, beplan hulle om in daardie tyd, 16 tot 19 Desember, die arena in te span en optredes te reël.

LEES OOK: Verdagtes in Gerrit Stander-saak laat vaar aansoek om borgtog

Die kunstenaars bly egter nog ‘n verrassing. Die nuwe arena sal slegs vir konserte ingespan word, maar verder is die res van Mustangs elke dag behalwe Sondae en Maandae vanaf 10:00 oop vir diegene wat nie noodwendig naguile is nie.

  

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button