AfriForum se Laeveld-takke help met rampverligting
Die organisasie se takke in Witrivier, Mbombela en Lydenburg het ’n brandstofskenking van sowat R40 000 gemaak sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word.

AfriForum se Laeveld-takke het nie gehuiwer om Vrystaatse boere by te staan ná verwoestende veldbrande erge skade op plase aangerig het nie.
Die organisasie se takke in Witrivier, Mbombela en Lydenburg het ’n brandstofskenking van sowat R40 000 gemaak sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word.
Verder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek gereël in samewerking met verskeie ondernemings van regoor die Laeveld.
Tydens die projek is huishoudelike items, medisyne vir vee en sakke voer aan die boere en hul plaaswerkers geskenk, wat saam met die erge droogtes nou ook nog die brande se verwoesting moes verduur.
“Ons wil graag elke persoon en onderneming bedank wat op enige manier tot die projek bygedra het. Ons wil ook graag Skankane Transport uitsonder wat gehelp het om die skenkings te vervoer.
“Dit is weer eens ’n bewys dat die krag van gemeenskappe selfs die grootste rampe kan oorwin,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
Word vandag nog deel van ’n AfriForum-struktuur naby jou: SMS jou naam na 45350 (R1).
LEES OOK: Laevelders dra ook by tot AfriForum se Boks vir ‘n Boer-projek
