Local newsNews

Onderneem ‘n Kersfees-reis saam met plaaslike musieksterre

Die Kersfees Reisiger is ‘n nuwe produksie onder die vaandel van Die Konsert Huiz, wat deesdae bekendstaan as Die Konsert Kamer.

In 2017 is die produksie, Hê ‘n Hart vir Kersfees, ook onderleiding van Henry-John Williams, uitverkoop vir drie aande in ‘n ry.

Die Kersfees Reisiger handel oor die reis wat die drie wyse manne onderneem het, die helder ster en Francois wat op OR Tambo staan om ‘n pelgrimstog aan te pak, nes sy oupa.

Sy oupa het geglo dat die wyse manne nie herders of veewagters was nie, maar eerder sterrekundiges. Hy het vir sy kleinseun ‘n teleskoop gekoop vir sy 12de verjaarsdag en kort daarna vertrek op sy eie pelgrimsreis.

Waarna sy oupa gesoek het, sal die gehoor self maar moet besluit. Francois het hom nooit weer gesien nie, maar vinnig besef dat ‘n mens nie op ‘n reis hoef te gaan om jouself te vind nie.

Liedjies soos “Gebed” van Koos du Plessis, “Pelgrimsgebed” van Amanda Strydom en “Mary’s Boy Child” van Boney M kan geniet word tydens die produksie.

Natascha C vertel die verhaal van die drie kamele, drie wyse manne en die helder ster wat ons gereëld op Kerskaartjies sien.

LEES OOK: Laevelders dra ook by tot AfriForum se Boks vir ‘n Boer-projek

Anne-Mari White deel weer die hedendaagse feite en bewering oor die astroloë wat sterre gevolg het.

Henry-John Williams vertel die verhaal van Francois.

Al drie hierdie gesoute verhoogkunstenaars sing in die produksie en Henry-John is soos oudergewoonte agter die klavier.

Die Kersfees Reisiger is te sien op 1, 2 en 3 Desember en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos R100 per persoon en teatergangers is welkom om hul eie versnaperinge saam te bring. Die produksie duur vir 60 minute en word afgesluit met ‘n Kersfeeskeurspel.

Die venue is byna 1 km na Bateleur Landgoed op die The Rest-pad geleë. Weens Covid-19-bepalings sal net bespreekte gaste toegelaat word en alle Covid-19 regulasies geld.

Sitplekke is in teaterstyl gepak, maar tafels vir groepbesprekings kan ook gereël word op versoek. Die drie kunstenaars het so uitgesien na Innibos 2020 in Desember, en toe die fees weens Covid-19-regulasies en onsekerheid gekanselleer is, het hulle besluit om self konsert te hou. “Ons verlang net té veel na die verhoog en om op te tree,” sê Natascha C.

Besprekings kan gemaak word deur 083-371-1807 te skakel of ‘n boodskap te stuur, of om ‘n e-pos te stuur aan diekonserthuiz@vodamail.co.za.

LEES OOK: AfriForum se Laeveld-takke help met rampverligting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button