Local newsNews

Gielie Grapgat laat mense lag selfs al is tye donker

Ou Gielie is maar 'n ander soort ou. Hy is ook regtig nie een van die skerpste messe in die laai nie. "En boonop is hy werkloos en plak hy nou al vir jare hier in my huis."

MBOMBELA – So gesels Wikus Potgieter (39) oor sy alter ego en boesemvriend, GGG, beter bekend as Gielie Grapgat Goosen. Beide van hulle het in Prieska in die Noord-Kaap skoolgegaan en hoewel Wikus uitgeblink het in sport en akademie (hy was selfs onderhoofseun), was Gielie maar altyd die agteros in die kraal.

“Ons grootste probleem met hom is dat hy die besonderse gawe het om alles op te foeter, maak nie saak wat hy moet doen nie. Met sy beste bedoelings sal hy iets aanpak, net om later die hele kabaai in chaos te omskep,” sê Wikus. “Maar ten spyte van alles, bly hy my boesemvriend.

@i_r_gielie

Gielie bestuur…. #gielie #snaaks #tiktoksa #afrikaans

♬ original sound – I_R_Gielie

Ek kan hom mos nie alleen in die wêreld loslaat nie, want daar gaan beslis gevolge wees wat ek dan sal moet hanteer!” Selfs toe Wikus in 2004 by die polisie aansluit, het hy maar toegelaat dat Gielie by hom aanbly. Sewe jaar gelede toe hy met die liefde van sy lewe getroud is, was Gielie aan sy sy.

LEES OOK: ‘n Man met ‘n plan kry Nelspruiters betyds by die werk

“Natasha was aanvanklik nie baie ingenome daarmee dat Gielie heeltyd by ons was nie.” ‘n Groot draaipunt in Wikus, en natuurlik Gielie, se lewens, het in Augustus gekom toe hulle (Wikus en sy vrou – nie sy en Gielie nie!) gehoor het Natasha is swanger.

“Dokters het jare gelede al vir ons gesê ons sal nooit ‘n kind kan hê nie.” Gielie was so opgewonde daaroor dat hy en Wikus besluit het om die vreugde met die wêreld buite te deel. Dit is toe dat die twee begin het om skreeusnaakse videogrepe te maak van al die onnosel geite en kwinkslae waarmee Gielie vorendag kom. “Dit is groot pret om twee karakters te speel,” sê Wikus.

@i_r_gielie

Gielie se interview… #gielie #afrikaans #komedie #snaaks #comedy #funny #tiktoksa

♬ original sound – I_R_Gielie

“Ek was deur my hele skoolloopbaan maar die class clown. Dit is nou groot pret om die lagspiere te laat prikkel met die kort, skreeusnaakse video-insetsels waarmee ons vorendag kom. Dit dien ook as ‘n weerligafleier vir die spanning, bekommernis en gru-tonele wat ons polisiemanne daagliks beleef.” Wikus is ‘n gekwalifiseerde misdaadtoneelondersoeker en vingerafdrukspesialis, en as ‘n sersant is hy ‘n lid van die Laeveld-tak van Mpumalanga se forensiese taakspan.

Sedert Augustus het Gielie reeds in 50 videogrepe verskyn. Dit is aanvanklik net op TikTok geplaas. Binne enkele weke het hulle 5 500 volgelinge gehad.

@i_r_gielie

Toe Gielie klein was… #gielie #tiktoksa #afrikaans #funny #snaaks

♬ original sound – I_R_Gielie

Sy volgende aanslag in komedie is om dit op Facebook te versprei. En wat is Gielie se grootste droom? “Om nog eendag saam met die komediant Jonathan van Radio Raps, beter bekend as Rikus de Beer, in ‘n fliek te speel.”

Gielie se videogrepe kan gesien word op TikTok onder @wpotgieter15, of op FB onder Grapgat Gielie.

LEES OOK: Oud-Pumas kaptein druk ‘n drie vir die jeug

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button