Local newsNews

Uit die hart van ‘n goeie vriend

Job Maritz se lewenswedloop wat op 7 September 1941 begin het, is op 12 Januarie 2021 beëindig en is hy na sy hemelse Vader.

Hierdie welbekende, aangename gebore Laevelder was ‘n legende in Nelspruit. Sy vriende en familie sal hom onthou as ouditeur, sportman, raadgewer, jagter, vennoot, Christen en, bowenal, mens.

Hy het vir meer as 60 jaar as ouditeur gepraktiseer en het ‘n hand gehad in die sukses van talle sakeondernemings, boere, koöperasies en vele ander instellings en individue. Sy invloed op vele gebiede sal nog vir geslagte sigbaar wees. Job, ons eer jou nagedagtenis en salueer jou!

LEES OOK: Laeveldse pionier sterf maand voor 100ste verjaardag

Gedenkdiens:
11:00 op 23 Januarie.
Virtuele diens: Die skakel vir YouTube sal van Saterdag net voor 11:00 tot Maandagoggend beskikbaar wees.
Navrae: Suzanne Olivier by 082-787-5069 (WhatsApp).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button