Rangskik só jou pokergesig vir liefdadigheid
Pokeraande, maar vir liefdadigheid. Dís die idee wat sowat drie jaar gelede onder 'n groep Mbombela-vriende posgevat het.

Francois Loots, een van die stigters van Charity Series of Poker, of CSOP soos hulle hulself gedoop het, het gesê dit gaan glad nie oor geldmaak vir jouself nie, soos menigde pokeraande maar gaan.
“Ons is ‘n groep manne wat bymekaarkom en ‘n bietjie poker speel; Texas Hold ‘Em. Glad nie ‘n geldspel of enigiets soos dit nie, maar ons het besluit ons gaan geld insamel.
“Elkeen gee sy inkoopgeld en daarvandaan werk ons met ‘n puntestelsel. Sodra ons dan genoeg geld het, besluit die persoon bo-aan die punteleer vir watter liefdadigheid dit geskenk word.”
ALSO READ: Treat your pet to a Valentine’s ‘paw packet’ from SPCA Nelspruit
Aan die einde van verlede jaar het hulle besluit om die fondse te gebruik om ses rolstoele aan organisasies en individue in nood te skenk, waarvan Nelspruit Hospice een was.
“Ons wou ‘n verskil maak in mense se lewens wat fisies iets nodig gehad het,” het Loots gesê.
In vorige jare het die DBV skenkings van CSOP ontvang.
Wanneer CSOP bymekaar kom is hulle dikwels agt tot 10 mense. Loots sê hulle verwelkom graag nuwe lede, en enigiemand wat
wil aansluit kan hom skakel by 078-450-6954.
ALSO READ: New cafe an exciting development at Graskop Gorge Lift Co
“Ons ontmoet gewoonlik eenkeer per maand op ‘n Vrydag. Inkoopgeld is R50, en as jy vinnig uit is kan jy voor 21:00 sommer weer inkoop.”
