Local newsNews

Nuwe leerkragte meld by Laerskool Laeveld aan

Laerskool Laeveld spog vanjaar met vyf nuwe personeellede.

Met die aanbreek van die 2021-skooljaar het Monique Engelbrecht by Laeveld Lollies (gr. R – Engelsmedium) aangesluit, onderwyl Kaila Eva by die graadtwees (Engelsmedium) begin het.

Elnet Ferreira is die nuwe onderwyser vir sosiale wetenskappe vir gr. 6 en 7, Dieter du Toit sal sy kennis van wiskunde aan die graadsesse oordra en Carli Hugo, Engels huis- en eerste addisionele taal vir die graadviers.

Vier onderwysstudente is ook by die skool verwelkom – Bejané du Plessis en Conrad Grobbelaar (intersenfase), en Carla Bassingthwaighte en Marica Nel (grondslagfase).

In die kantoor gaan Michelle du Plessis voortaan om die leerderaangeleenthede te hanteer en Jacqueline Weideman die skool se bemarking en skakelwerk.

LEES OOK: NHS spog met 100% slaagsyfer

“Mag julle nuwe begin by Laerskool Laeveld vol van God se genade en seën wees. Ons hoop dat elkeen van julle gou tuis sal voel by ons en dat julle verbintenis by Laerskool Laeveld verrykend en mooi sal wees,” het Weideman gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button