Huldeblyke stroom in vir ontslape oud-minister
Oud-minister Jacob de Villiers (82) is Sondagaand na ‘n kort siekbed oorlede.

Jacob De Villiers Snr se Gedenkdiens vind plaas op 5 Maart om 11:00. Volg die skakel om die gedenkdiens te kyk.
De Villiers se ouers het op die bekende plaas, La Rochelle, digby Malalane begin boer sedert hy drie jaar oud was, en op sesjarige ouderdom het De Villiers sy skoolloopbaan in die koshuis op Witrivier begin.
Sy indrukwekkende lewenspad het hom later na die Afrikaanse Handelsinstituut gelei waar hy uiteindelik uitvoerende direkteur was. Hy is hierna terug na die familieplaas waar hy as ‘n gerekende boer op byna elke raad en direksie in die landbousektor gedien het.
In 1989 het oud-president FW de Klerk vir De Villliers gevra om die politiek te betree en is hy later as Minister van Landbou (Algemene Sake) aangestel. Hy word uit alle oorde geloof vir sy bydrae op verskeie gebiede.
LEES OOK: Plaaslike kunstenaars word benoem vir kykNET Fiëstas
Laevelder en Corridor Gazette sal in die volgende week volledige huldeblyke oor De Villiers publiseer.
Hy laat sy vrou Letitia, asook sy dogter, Helene Jansen van Rensburg en seuns, Barry, Jan en Jacob, 15 kleinkinders en drie agterkleinkinders na.
