Local newsNews

Geliefde musiekjuffrou sterf na stryd teen kanker

'n Bekende viool- en tjello-onderwyseres is Vrydag 26 Februarie op die ouderdom van 87 oorlede na 'n stryd van ongeveer 18 maande teen kanker.

Magda de Wet word oorleef deur haar enigste seun, André Swart, en drie kleinkinders.

De Wet was sedert Augustus woonagtig by Rustig Ouetehuis.

Sy was ‘n nooi Vermaak, is in Roedtan gebore, en het van die Hoërskool Piet Potgieter in Potgietersrus gematrikuleer. Hierna het sy haar onderwysdiploma aan die Normaal Kollege in Pretoria verwerf en as kleuteronderwyseres haar loopbaan begin.

Na die afsterwe van haar eerste eggenoot, Dr Hennie Swart, in 1967 verhuis sy vanaf Pretoria na Witrivier. Sy is 1982 getroud met wyle Hennie de Wet, voormalige geskiedenisonderwyser by Hoërskool Nelspruit.

LEES OOK: Plaaslike kunstenaars word benoem vir kykNET Fiëstas

De Wet het vanaf 1970 tot 2020 bekendheid verwerf as viool- en tjello-onderwyseres in die Laeveld. Haar leerlinge se ouderdomme het gewissel van drie tot 90. Sy het ook etlike jare lank gespesialiseer in remediërende onderrig by Laerskool Witrivier.

Vanaf 1979 tot die sluiting van die Witrivier Kommando in 2005 was sy ‘n getroue en ywerige kommandolid en was vir baie jare die plaaslike inligtingsoffisier. Sy het die rang van sersant beklee.

Sy het vir baie jare karate beoefen in Witrivier en het gevorder tot ‘n bruin gordel. Later was sy ook bekend vir die talle selfverdedigingsdemonstrasies wat sy vir verskeie groepe aangebied het – sy het daarmee aangehou tot in haar tagtigs. Die demonstrasies was veral daarop gerig om vroue en bejaarde persone te bemagtig.

Haar familie en gewaardeerde vriende sal haar baie mis en met liefde terugdink aan die goeie tye wat saam deurgebring is.

LEES OOK: Nuwe boek neem 26 Laevelders se geestelike lewensverhale saam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button