Local newsNews

Barberton-inwoner aangeval op plaas

Charlotte Swart is op Donderdag 25 Februarie op haar plaas buite die dorp aangeval deur drie mans.

Sy sê sy het haar huis verlaat om met ‘n man te praat wat gevra het na werk. “Grootste fout van my lewe; moet nie uit jou huis gaan nie!”

Twee ander mans het haar toe na bewering oorval en by die huis ingestoot. Elektriese kabels is gebruik om Swart se hande vas te bind. Sy is aan die gasstoof vasgebind en ‘n kombers is styf om haar kop gedraai.

Swart se rewolwer was by haar, maar sy het besluit om dit nie te gebruik nie.

“Ek besluit toe om saam te speel met die hoop om oorlewing.”

Swart, ‘n inwoner van Barberton vir die laaste 36 jaar, het op die einedom gewoon sedert 1996 en alleen daar gewoon na haar man se dood in 2002.

Die mans wou na bewering wapens en geld hê. Hulle het met vier vuurwapens, R5 000 in kontant, al Swart se juweliersware en haar motor gevlug. Die motor is wel later deur die polisie gevind, sonder enige besittings daarin en sonder vingerafdrukke.

Tydens die aanval het dit duidelik geword dat hulle haar dopgehou het. Die aanvallers het besonderhede oor Swart geweet, soos wanneer haar dogter gewoonlik kom kuier, en het nagevra oor ‘n spesifieke geweer.

Haar seun en die polisie het ook na die aanval plekke in haar erf gevind waar die gras platgelê is. “Vreeslik skokkend grillerig en koelbloedig vooruitbeplan,” sê sy.

Die aanvallers het Swart aan die gasstoof vasgemaak met al die kleppe oop, wat sy eers die volgende dag opgelet het.

“Ek het met ‘n skok besef dat dit poging tot moord was en dis hoekom hul my stoel teen die gasstoof getrek het.”

Swart het it reggekry om die koorde los te maak en het na die R40 gehardloop met twee van haar honde op haar hakke. Vyf voertuie het haar verbygesteek tot iemand gestop het om haar te help.

“Deur alles was my bril nog om my nek en my rewolwer in plek.”

Twee dae na die aanval het Swart se dogter en ‘n vriend haar opgelaai om Dulstroom toe te neem.

Op pad het Swart begin sukkel om asem te haal en is sy na Belfast Hospitaal gehaas waar mediese personeel na haar omgesien het. Sy is tans op Dullstroom byhaar kinders.

LEES OOK: Innibos 2021: Aaneen en oral, selfs al druk Covid

“Ek sukkel nogsteeds om daaroor te praat,” sê Swart, “Op hierdie stadium kan ek nie my aanvallers vergewe nie.”

Die Barberton-polisie is tans besig om die saak te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button