Local newsNews

Huis Bethlehem verkoop pikante kledingstukke

Huis Betlehem het Saterdag 27 Februarie sy eerste fondsinsamelingprojek van die jaar gehou.

Die Vintage Thrift Festival, soos dit benoem is, het die publiek die kans gegun om ‘n verskil te maak deur gehalte tweedehandse klerasie te koop.

“Dink Woolworths-klere vanuit die 90’s, kwaliteit wintersjasse en asemrowende kledingstukke,” het die advertensie vir die geleentheid gelui.

Huis Betlehem se huismoeder, Anna-Mart Halderman, het vertel dat daar tans vier kinders in die Mbombela-huis is en ses in die Witrivier-huis.

“Ons het altyd kositems nodig soos vrugte en groente, sap en enigiets anders. Die kinders hou baie daarvan om te eet,” sê Halderman. Die Covid-19-pandemie het dié welsynsprojek nét so erg aangeraak soos enige ander besigheid. “Dus het ons besluit om ook ‘n geleentheid te skep vir fondsinsameling,” sê sy.

LEES OOK: Geliefde musiekjuffrou sterf na stryd teen kanker

Enigiemand wat verdere skenkings aan Huis Betlehem wil maak, kan Halderman by 082-455-0674 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button