Local newsNews

Bekende oud-Nelspruiter oorlede

Riana Louw, ’n ikoon voorheen woonagtig in die gebied, is op 22 Maart na gesondheidskomplikasies oorlede. Sy laat twee kinders, Francois Louw en Louise Volschkenk, asook twee kleinkinders na.

Riana was die streeksdirekteur vir die skoonheidsmaatskappy, Avroy Shlain. Die maatskappy bestaan al 48 jaar en Riana was vir 46 jaar daarby betrokke. In daardie tyd as het sy takke in die Vrystaat, Namibië, Mosambiek en die Wes-Kaap oopgemaak, onder vele ander.

“Wat haar amazing gemaak het is dat sy nie net in een streek gewerk het nie,” sê Francois. “Daar is duisende mense wie sy geraak het.”

Riana het in die Noord-Kaap grootgeword waarna sy by die Universiteit van Pretoria studeer het. Sy het Nelspruit toe verhuis na sy getroud is, waar sy gewoon het tot 2009.

ALSO READ: World TB Day: Deputy president emphasises urgency in pursuit of tuberculosis relief measures

Riana is in die laat 90’s aangewys as die bes geklede dame in Nelspruit. Nadat sy die toekenning ontvang het, het sy aangedring dat die titel verander moet word. “Sy het gedink dis ’n stupid titel. Sy het geglo dit moet nie net gaan oor hoe mense lyk nie, maar dat dit ’n vrou moet wees wat sterk is.”

Vir Riana was die skoonheids-maatskappy meer as net haar werkgewer. “Vir haar het dit gegaan oor die inkomste wat mense kon maak. Sy het vir mense geleer dat as hulle hard werk, hulle beloon sal word, en sy het hulle geïnspireer om dit te doen.”

Riana was die eerste streeks-direkteur wat ’n tak oopgemaak het wat ’n swart gemeenskap bedien het. “Dit was ’n groot deurbraak in die besigheid, want dit was die tyd wat ons land begin verander het vir beter. Sy was so opgewonde daaroor.”

ALSO READ: Premier proposes Mountain View recommended site for Mbombela’s new dam

In 1995 het Riana haar vlieëniers-lisensie gekry. “Sy het enigiets gedoen wat ’n uitdaging vir haar was.”

Toe Covid-19-inperkings laasjaar ingestel is, het Riana die uitdaging aangegryp en haar besigheid aanlyn begin doen. “Sy het geglo in verandering en dit embrace.”

Haar liefde vir grimering en skoonheid is oorgedra aan haar kinders. Louise het ’n skoonheidsskool in Johannesburg en Francois is ’n skoonheidskonsultant en TV-aanbieder. Francois en Louise was albei in Hoërskool Bergvlam.

“My ma was altyd so trots op ons. Sy sou so brag met ons prestasies,” sê Francois. “Sy was ook ’n wonderlike ouma. Die wêreld het tot stilstand gekom wanneer hulle tweetjies kom kuier het.”

Mense het op Facebook hulle hartseer uitgespreek oor Riana se dood. “Sy het verskriklike diep spore in mense se harte getrap.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button