Local newsNews

Berno in top 21 van Kollig-kompetisie

Berno Venter, ’n gr. 10-leerder, is ’n bekende gesig by NHS se kultuuraktiwiteite.

Hy het in 2019 drie solo’s in die skool se revue gesing en is ook vanjaar deel van die skool se Skouspel 2021.

Hy het onlangs ingeskryf vir die Kollig-kompetisie. Kollig is ’n eerste in sy soort en gee sangers die geleentheid om in die gemak van hul sitkamers video’s op te neem en in die proses in die vermaaklikheidsindustrie naam te maak.

Drie wenners word aan die einde van die kompetisie aangekondig, naamlik junior (7-13 jaar), senior (14-18 jaar) en naskool (19 jaar en ouer). Daar gaan ook ’n kykerskeuse aangewys word.

Stem deur “K” en die nommer van jou gunsteling na 47620 te SMS. SMS’e kos R3 elk. Stemlyne sluit 31 Maart en die voorlopers sal elke tweede dag op hierdie webtuiste geplaas word.

Die kompetisie-uitslae word steeds deur ’n paneel van beoordelaars bepaal. Elke wenner se lied word verfilm en ’n professionele musiekvideo van elkeen sal dan op nasionale televisie uitgesaai word.

LEES OOK: Coco einde ten laaste veilig terug by die huis

Berno is tans in die top 21 en lê algeheel in die tweede plek. Gaan kyk hier na sy inskrywing: kollig.org.za/top-21.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button