Local newsNews

Vlam Els ernstig beseer toe opleidingsvlug skeefloop

Hy het verlede Vrydagmiddag skaars opgestyg toe hy beheer oor sy motoraangedrewe valskerm verloor en neergestort het.

‘n Welbekende inwoner in Mbombela is Vrydag ernstig beseer toe ‘n opleidingsvlug net buite die stad skeefgeloop het.

Vlam Els (49), die bedryfsbestuurder van Netstar en ‘n bekende gesig by die Mbombela-stadion, het Vrydagmiddag skaars opgestyg toe hy beheer oor sy motoraangedrewe valskerm verloor  en neergestort het.

Els het volgens ER24 se nasionale woordvoerder, Russel Meiring, ernstige beserings aan sy regterknie en linkergewrig opgedoen en sterk tans by Mediclinic Nelspruit aan. Die voorval het omstreeks 18:00 plaasgevind.

ALSO READ: Lily miners march to Mpumalanga High Court

Volgens ooggetuies, waaronder bekende televisiepersoonlikheid en kranige skermswewer, Eugene Cussons, het Els se valskerm kort nadat hy opgestyg het heen en weer begin beweeg. Els het glo probeer om die valskerm onder beheer te bring en het kort daarna in ‘n poging om ‘n noodlanding te maak, afgeduik aarde toe.

Omstanders, waaronder ‘n bekende plaaslike dokter en ander vlieëniers, het na die toneel gehaas om Els te hulp te snel. By hulle aankoms was hy by sy volle bewussyn en in ‘n goeie bui.
Hy is aangesê om stil te lê totdat hulp opdaag. Met ER24 se aankoms het noodpersoneel pynmedikasie toegedien waarna die omtanders Els na die ambulans help dra het.

Els was onder leiding van ervare en gerespekteerde instrukteur, Colin Tapson, wat daardie dag ‘n kursus by Cussonia Vliegveld, naby Chimp Eden, aangebied het. Tapson het die voorval bevestig en gesê dat Els breuke aan sy regterarm en linkerbeen opgedoen het, maar wou nie veel oor die voorval uitbrei totdat Burgerlugvaart se ondersoek afgehandel is nie. ‘n Woordvoerder van Burgerlugvaart, Kabelo Ledwaba, het bevestig dat hulle kennis dra van die voorval. “Wat ek wel kan sê is dat Els goed aansterk en gretig is om weer te vlieg,” het hy gesê.

Els was nog teen ter perse gaan nie in staat om met Laevelder te gesels nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button