Innibos In jou huis baat Dasha
Die geld wat deur die eerste van die reeks huiskonserte ingesamel is, is aan die Dasha-stigting geskenk.

Die opbrengste van die onlangse Innibos In jou huis-konsert is gister aan die Dasha-stigting oorhandig.
Hierdie konsert met Jo Black, aangebied deur borge kykNET, Innibos en Radio Laeveld, het op 27 Maart plaasgevind en was die eerste in ’n hele reeks.
LEES OOK: Aladdin uiteindelik op die towertapyt
Antoinette en Jacques Goosen was die gashere vir die aand en kon ook die organisasie kies aan wie die opbrengste geskenk word.

Die bedrag bestaan uit skenkings vanaf gaste wat die aand bygewoon het en ook die helfte van wat Black daardie aand gemaak het uit die verkope van sy CD’s en ander items.
Daar is tans 45 persone, beide kinders en volwassenes, wat die Dasha-stigting se skool bywoon. Die geld gaan gebruik word vir skryfbehoeftes en om herstelwerk aan die gebou te doen.
