Local newsNews

Hoe flink kan jy oor die kunste dink?

Innibos Kunstefees daag plaaslike feesgangers uit om hulle kennis oor die kunste- en vermaaklikheidsbedryf te toets by 'n gesellige Flinkdink-vasvra op Donderdag 29 April, en boonop die kans te staan om lekker pryse in te palm.

Die vasvra word gehou by die Suikerbossie Teetuin en begin om 18:00 vir 18:30. Die inskryffooi is R100 per persoon en sluit ‘n ete in. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees. Spanne met van twee tot ses lede mag inskryf.

Alison Linde van Innibos verduidelik daar is ses kategorieë waaronder die vasvraer, Gery van Gelder, vrae sal stel: musiek en kunstenaars, flieks, letterkunde, teater, Innibos-algemeen en laastens algemene kennis. “Ons gaan gesellig kuier terwyl ons mekaar uitdaag om flink te dink. Al kan ons nog nie ‘n volwaardige fees hou nie, kan ons die feestelikheid solank in klein maat opdis,” sê sy.

LEES OOK: Huis Maré vier vroue met finesse

Die aantal plekke is beperk, so flinkdinkers moenie gras onder hulle voete laat groei nie. Onthou ook dat Covid-regulasies sal geld.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by alison@innibos.co.za of 013-741-5294.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button