Local newsNews

Huis Maré vier vroue met finesse

Die dames met finesse het onlangs hul mooiste rokkies aangetrek vir ’n spesiale geleentheid in Mbombela.

Weens Covid-19 is Hoërskool Nelspruit se Huis Maré-prysuitdelingsfunksie van die vorige jaar nie aangebied nie en is daar besluit om hierdie jaar ’n spesiale verwelkomingsfunksie aan te bied om nie net die presteerders van 2020 te vereer nie, maar ook om vrouwees te vier.

Elize Stidworthy het die program vir die aand saamgestel, wat ook ’n spesiale vertoning van Joshua na die Reën ingesluit het. Jacques, oftewel Joshua na die Reën, het die meisies betower met treffers soos “Vir altyd” en “Lig op die horison”.

Joshua na die Reën het geleentheid afgesluit met die volgende: “Mag dit met julle goed gaan hierdie jaar. Moeilik, sleg, lekker of goed, mag dit iets in jou karakter bou wat vir lank sal hou.”

LEES OOK: NHS hou gr. 8-konsert uit die boonste rakke

Hier is die presteerders

Akademiese prestasies 2020:
Gr. 8: Melize Lindeque
Gr. 9: Danielle Bothma
Gr. 10: Katrien Hiemstra
Gr. 11: Lanika Leuvennink
Gr. 12: Milda van Dyk
Dame met finesse: Lize Louw
Koshuisvadertoekenning: Chrisna Loubser
Graadagt van die jaar: Melize Lindeque
Graadtwaalf van die jaar: Anica Roos

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button