Local newsNews

Bergvlam onnies word vereer

Drie onderwysers van Hoërskool Bergvlam is onlangs deur die Departement van Onderwys vir hul prestasies vereer.

Louise Fullard, Chereze Blom en Simonè de Jager het toekennings ontvang vir prestasies in hul vakke; Fullard vir Afrikaans eerste addisionele taal, Blom vir Engels huistaal en De Jager vir Afrikaans huistaal.

Die Departement van Onderwys maak hierdie toekennings gebaseer op die onderwysers met die beste opstuurpunte.

ALSO READ: Pro Gratia Learning Centre celebrates Grandparents’ Day in autumn fashion

Fullard het ook onlangs die Golden Key van Noordwes Universiteit, waar sy verder studeer, ontvang. Hierdie word toegeken aan die top 15 persent studente in ‘n graadrigting. Blom en Fullard het al voorheen talle toekennings ontvang.

“Ons is geëerd om onderwysers van hierdie gehalte te hê,” het die skool in ‘n persvrystelling gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button