Local newsNews
Herfs blom by Afri Orchids ope dae
Die mede-eienaar van die kwekery, Jolisa Grobler, het gesê herfs is wat hierdie dae onderskei van ander.

Afri Orchids se ope dae verlede naweek was hiérdie keer so beplan dat dit saam met herfs in die Laeveld val.
“Vergeleke met ander seisoene is daar ’n klomp ander goed wat nou blom. Ons probeer altyd die ope dae op tye hou wanneer ’n klomp goed blom, en herfs is ’n baie goeie tyd.”

Die ander mede-eienaar, Lourens Grobler, het tydens Saterdag se ope dag aan besoekers verduidelik hoe om gedurende herfstyd na hul orgideë om te sien.

Hy het onder meer gedeel dat kaneel ’n goeie natuurlike swamdoder is en ook dat dit ’n goeie idee is om ’n mens se hande te ontsmet wanneer jy met verskillende plante werk, om te voorkom dat siektes onder hulle versprei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
