Gene se staptog bereik sy einde
’n Gedenkdiens is verlede Vrydag by die NG Moedergemeente gehou om finaal afskeid te neem van Eugene Human wat op 9 Februarie oorlede is.

Vriende en familie het die diens vir die stigterlid van die Laeveldse Wandelklub, waargeneem deur ds. Jaco Stauss, bygewoon. Emosionele huldeblyke is deur
Christabelle Cilliers en Bennie van Vuuren gelewer.
Hulle het staaltjies vertel van al Eugene se avonture as ’n ywerige stapper. Eugene laat sy vrou, Poppie, en sy seuns, André en Heinrich, na.

LEES OOK: Laeveldse Wandelklub onthou hul stigterlid
Hier volg uittreksels uit die familiebrief wat tydens die gedenkdiens gelees is:
“Ons koester wonderlike herinneringe van ’n leeftyd saam. Daar is staptogte saam met vriende, die wandelklub en die gemeente. Jou liefde vir fotografi e word orals opgemerk; jy met jou kamera om die nek. Jy verskyn nie op die foto nie, want jy was altyd die een wat agter die kamera was.
“’n Wonderlike lewe van 51 jaar is aan ons gegee. ’n Lewe waarin jy my en die seuns se steunpilaar was. Jou hart was altyd by ons en jou huis.
‘Have no fear when Gene is near’ het ons menigmale gehoor. Ons weet dat die dood nie die einde is nie. Dit is eintlik God se genade, die begin van die lewe.
’n Lewe waaraan ons almal eendag weer deel sal hê.“Met al ons liefde
“Poppie, André en Heinrich.”
