Local newsNews

Volgehoue gees seëvier by kleurvolle interhuisbyeenkoms

Omstandighe-de is stadig besig om terug na normaal te keer vir Komatipoort Akademie. Die skool het op Vrydag 9 April sy jaarlikse interhuis gehou, met die oog op vriendskaplikheid eerder as kompetisie.

Omstandighe-de is stadig besig om terug na normaal te keer vir Komatipoort Akademie.
Die skool het op Vrydag 9 April sy jaarlikse interhuis gehou, met die oog op vriendskaplikheid eerder as kompetisie.

“As gevolg van Covid-19, was dit moeilik om ‘n kompeterende interhuis te hê,” het ‘n verteen-woordiger van die skool vertel. “Ons het besluit om maar wel ‘n vriendskaplike dag vir die leerders te hou. Ons het nie tyd gehou van die wedlope nie, maar van die toppresteerders van die dag het wel medaljes ontvang.”

LEES OOK: Komati Akademie vereer hul toppresteerders virtueel

Die dag se uitblinkers by die o/10s was Tiane Allerston, wat met ses goue medaljes weggestap het, en Jayden Meyer met vier.

Regardt Small (o/11) het gespog met drie goue en twee silwermedaljes. Nicke Meyer het die o/12’s les laat opsê met sy vier goue medaljes, en Jayden Enslin (o/13) met syne.

Leerders in die grondslagfase het massadeelname gehad en almal is met ‘n medalje huis toe.

Die foto’s is deur die sportkoördineerder Ulrich Prinsloo geneem. 

Jayden Enslin.
Karla van Wyk.
Bryan Joubert, Jayden Enslin, Rudolf Cornelius, Karla van Wyk, Tarryn Mtsweni en Siphokazi Mashabane.
Agter: Jayden Enslin, Karla van Wyk en Meya Kleynhans. Voor: Tunisho Nkhadipi, Jaden Meyer en Sibusuliso Hlatshwayo.
Chanty Maphosa, Ty-ann du Preez en Levai Lee.
Cornel Albertse en Kartina Woldemichael.
Regardt Enslin, Reghardt Small, Eberhardt Basson en Janco Oosthuizen.
Lifa Nxumalo en Siegwan van Dyk.
Meya Kleynhans en Megan Lugar.
Maritha Engelbrecht links en Vicky Cronjé.
Zwide Nxumalo en Jayden Enslin tydens ‘n wedloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button