Local newsNews

AfriForum-buurtwag bring insig tot plaaslike misdaad

AfriForum se buurtwaginisiatief help nie net om die gemeenskap veilig te hou nie, maar poog ook om insig te bied oor die misdaad in Suid-Afrika.

Nasionaal het AfriForum al 100 buurtwagte begin, waarvan 17 in Mpumalanga is.

Die buurtwagte het in April 120 op patrollies in dié provinsie gery. Hierdie vorm deel van die 760 patrollies deur AfriForum-buurtwagte in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

In hierdie streek is die mees opvallende gevalle onluste. Die aantal onluste in die drie provinsies is hoër in vergelyking met ander provinsies en in vergelyking met dieselfde tydperk in vorige jare.

Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga, sê dat veediefstal en grondgrepe ook in Mpumalanga toegeneem het.

AfriForum-buurtwagte word deur ’n sentrale beheerkamer gekontroleer wat tans in Ellisras geleë is, en poog om statistieke oor misdaad neer te pen.

“Die beheerkamer bied talle voordele aan AfriForum-buurtwagte. Dit wys misdaadtendense uit en watter tipe misdaad in sekere gebiede toeneem,” sê Hemmens.

LEES OOK: Bevorder toerisme en stem vir Mbombela

Hemmens verduidelik dat wanneer buurtwagte op ’n toneel aankom, werk hulle op ’n tipe “telegramsisteem” waar hulle ’n klein verslag na die beheerkamer stuur, wat dit dan opteken en met dié data dan tendense in misdaad kan uitken.

Duidelike tendense sluit in dat misdaad tydens Paasnaweek toegeneem het. AfriForum het dus meer patrollies gehou. Buurtwagte is begin om die staatsekuriteitsorganisasies by te staan.

“Die polisie se hulpbronne raak net kleiner en hulle teenwoordigheid raak net minder,” sê Hemmens.

AfriForum bied opleiding vir alle lede van die buurtwagte in 16 opleidingsmodules, wat noodhulp en radioprosedure insluit.

“Hulle moet weet wat hulle mag en nie mag doen nie; wat in hulle mag is om te doen en wat net deur die polisie gedoen mag word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button