Local newsNews
Drie Nellies in finale van toneelspelkompetisie
Drie leerders van Hoërskool Nelspruit het na die finale ronde van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring.
Sumari Naudé, Megan Bester en Ronel Basson is drie van 82 finaliste wat vanaf 6 tot 8 Mei by die Artscape-teatersentrum in Kaapstad aan die kompetisie gaan deelneem.
Bykans 500 deelnemers het aan die landswye uitdunrondes deelgeneem en vandaar is die finaliste gekies.
Hoërskool Bellville bied vanjaar vir die agtiende keer die Nasionale Toneelspel-kompetisie aan.
“Om drie leerders van NHS in die finaal te hê, is ‘n besonderse prestasie. Dis ‘n abolute voorreg om gekies te word!” sê Frances van Niekerk, NHS se drama-afrigter.
LEES OOK: Plaaslike sanger aangewys as finalis in sangkompetisie
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
