Local newsNews

Willem Botha se grimeerklas bemagtig Laeveld-vroue

Die alombekende Suid-Afrikaanse sanger - en deesdae gesogte fotograaf - Willem Botha, het op 27 Mei by The Blue Gate ’n eksklusiewe MUD Masterclass in grimering aangebied.

Botha het die aand afgeskop met ’n paar van sy bekende treffers, waarna ’n grimeringles, gevul met wenke en raad op dié vakgebied, gevolg het.

Die geleentheid vorm deel van ’n reeks klasse wat Botha in samewerking met MUD Suid-Afrika regoor die land sal aanbied.

Willem Botha grimeer Manda Gomes, ‘n Laevelder. Foto: Lezanne Steenkamp

“Dit was sy sesde klas. Ons beplan om tussen 21 en 25 klasse vanjaar aan te bied,” het Tanya Ackermann, lid van Botha se bestuurspan, gesê.

“Die klasse bemagtig vroue deur praktiese wenke aan te bied wat hul daagliks kan gebruik.”

Josette Smart, Marinda Botha en Lisa Stoltz. Foto: Lezanne Steenkamp

Volgens Christiaan Nolte, mede-eienaar van The Blue Gate, het Botha 90 gaste vir langer as drie uur vermaak.

“Ons het ongelooflike terugvoer ontvang,” het Nolte gesê. Hy meen dat geleenthede soos dié positief bydra tot die gasvryheids- en die vermaaklikeidsbedryf, wat met Covid-19 ’n reusehou weg het.

Diana en Chanelle Roux. Foto: Lezanne Steenkamp

“Geleenthede soos dié dra baie mense se salarisse asook hul oorlewing,” het hy aan Laevelder gesê.

“Die rimpeleffek van so ’n geleentheid is veel groter as die aand self; dit stel sakeondernemings in staat om weer op die been te kom.”

Amanda de Lange en Marlise Nel. Foto: Lezanne Steenkamp
Willem Botha deel van sy wenke aan die groep vroue. Foto: Lezanne Steenkamp
Natascha C en Vanessa Roets. Foto: Lezanne Steenkamp
Bianca Rennison en Shareen Steyn. Foto: Lezanne Steenkamp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button