Local newsNews

Diewe steel hondekos by Barberton se DBV

Die DBV Barberton is 200 kg se hondekos armer na ’n inbraak die afgelope naweek op die perseel.

Die sekretaresse vir dié tak, Marlies Liebenberg, het gesê hulle vermoed dit het laat Sondagmiddag of -aand gebeur.

“Daar is altyd iemand aan diens, maar nie voltyds oor naweke nie. Toe ons mense Maandag by die perseel aankom en die Wendy-huis waar die kos gebêre word oopsluit, het hulle agtergekom daar is vier 50 kg-sakke minder.”

LEES OOK: Drie Nellie-debatspanne deur na ATKV-finaal

Volgens Liebenberg mag hulle geen permanente strukture op die perseel hê nie omdat hulle nie die eienaars daarvan is nie, vandaar die Wendy-huis.

“Die draad aan die agterkant van die perseel is geknip, en ons het ook die spore van ’n bakkie gesien waarmee hulle seker die kos weggery het. Die slot van die Wendy-huis is uitgeskroef en toe weer baie los teruggesit.”

LEES OOK: Roan Ash kuier op Laeveldse voorstoep

Liebenberg het gesê daar was al voorheen inbrake, maar nog nooit een waar daar hondekos gesteel is nie.

“Die enigste ‘voordeel’ daaraan is dat dit ten minste na honde toe gaan,” het sy gesê.

Die diefstal is ’n groot terugslag vir ’n klein DBV-tak soos hierdie, en Liebenberg sê enige skenkings van dierekos sal opreg waardeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button