Maak jou kasdeure oop in dié moeilike tye van strenger grendelregulasies
Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Nelspruit doen ‘n beroep op die gemeenskap om hul klere- en koskaste oop te maak en ernstige nood in die gemeenskap te verlig.

In tye wat reeds moeilik is, is die sentrum nog meer bekommerd oor die behoeftiges in die gemeenskap, nadat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand strenger grendelregulasies aangekondig het.
Thea Rix, die voorsitter van CMR, het verduidelik dat organisasies besef dat die gemeenskap self uitgeput is en nie meer baie het om te gee nie. Sy doen wel ‘n beroep op mense om steeds te help waar hulle kan, deur selfs net kos en klere te skenk as hulle nie finansieel kan bydra nie.
“Mense is honger en die nood word by die dag groter. Ons sukkel om by te hou met die behoeftes en aanvaar enige skenkings wat ons kant toe kom,” sê Rix.
Alhoewel enige skenkings verwelkom word, is daar sekere kositems wat gesinne baie langer kan hou as ander. CMR verskaf die volgende lys van items wat die gemeenskap kan skenk:
- 400 g-blikkies bone
- 2 kg-pakke suiker
- 500 g-pakkies spaghetti
- 250 g-pakkies macaroni
- 2,5 kg-pakke mieliemeel
- 500 g-pakkies bruismeel
- 1 kg-pakke rys
- Pakkies soppoeier
- 750 ml-bottels sonneblomolie
- 100 g-pakkies stampmielies
- 1 lt-bottels melk
- 1 kg-sakke koffieverromer
- 450 g-blikkies konfyt
- 400 g-blikkies grondboontjiebotter
- Pakke teesakkies
- 500 g-pakkies sojamaalvleis
- Koekies seep
- 100 ml-tandepastabuisies
- Toiletpapier
- Skottelgoedseep
- Sjampoe
- Enige klere, beddegoed en komberse word ook verwelkom.
LEES OOK: AfriForum se Witrivier-tak maak slaggate ‘n prioriteit
Indien jy graag iets wil bydra of skenk, kontak Thea Rix by 082 771 2889 vir meer inligting.
Organisasies met uitreikprojekte en fondsinsamelings is welkom om Laevelder te kontak deur ‘n e-pos na ciska@lowvelder.co.za te stuur.
