Local newsNews

Fred en Hannetjie Kinnear sal deur vele onthou word

Die plaaslike sakeman, Fred Kinnear, wat die naweek, kort na sy vrou, ook aan Covid dood is, was ’n geliefde man wat ’n groot leemte in die gemeenskap laat. Sy dood volg op twee weke in die waakeenheid. Hy was 79 jaar oud. Hy was onder meer die ontwikkelaar en eienaar van die Canary Walk-sakesentrum oos van die  middestad.

Blyke van hulde wat veral sy liefde vir sy mense en die groot rol wat hy en sy vrou, Hannetje, in die gemeenskap gespeel het, beklemtoon, het van heinde en ver ingestroom. “Die Laeveld treur oor die heengaan van oom Fred en tannie Hannetjie Kinnear. Hy was ’n formidabele man wie se vermoëns en toewyding as sakeman, entrepreneur en filantroop soveel huisgesinne bemagtig het. Oom Fred en tannie Hannetjie se naasteliefde en barmhartigheid was grensloos en onvoorwaardelik, vir kinders tot bejaardes; selfs die wild by Hannah Lodge het gereageer op oom Fred se vriendelike roep,” het van die boodskappe gelui.

Also read: Only a united effort will save mine belt roads

Met die terugkyk op sy lewe is dit egter sy veelsydigheid wat tref. Van skoolseun in Johannesburg-wes, wat sy matriek aan die Hoërskool Vorentoe voltooi het en met ’n B. Admin-graad op Tukkies as staatsamptenaar begin werk het, was sy loopbaan besaai met hoogtepunte op talle gebiede. Sy knap adminstratiewe vermoë en boekhouvaardighede het hom binne ses jaar tot ’n senior-amptenaar by die staat se busvervoerdienste laat vorder. Dit was juis hierdie bedryf wat hy later ook sou uitbou as eie onderneming.

Also read: Truck flattens family shack

  Wat begin het as Thaba ’Nchu Transport met die oorname van twee kleiner operateurs, met aanvanklik net vier busse, het onder sy leiding en met die bystand van ’n knap vennoot, Abel Erasmus, gegroei tot Interstate Bus Lines, Bloemfontein – later ook bekend as Jakaranda Bus Service. Hierdie fi rma was een van die eerstes om sy busbestuurders en onderhoudspersoneel vakkundig op te lei en met erkende kwalifikasies te laat.

Fred Kinnear in die fleur van die sakelewe.

Rondom die eeuwending het Fred Kinnear sy fokus ook op die Laeveld gerig en hier begin met die ou Nyalunga Bus Service/ Matsebula’s Bus Service, later ook bekend as Matstrans en uiteindelik die magtige Buscor, een van die mees beduidende ekonomiese rolspelers in die streek. Sy toetrede tot die ontwikkelingsmark en die stigting van FGK Capital het ook een van die grootste herontwikkelings van ’n nywerheids- en kleinhandelstadsbuurt in Mbombela tot gevolg gehad, met die opgradering van die ou OosTransvaalse Tabakkorporasiekompleks. Vandag huisves die reusesakekompleks moderne kleinhandelsgeriewe, kleinnywerheidseenhede, kantore en ruim pakhuise in ’n buurt wat sonder sy ingryping gedoem was tot vervallenheid. Buiten talle voorsitterskappe van talle ondernemings in sy beheer, het hy op die uitvoerende raad van die Suid-Afrikaanse Busbedryfsvereniging gedien.

Lees ook: Hoërskool Lydenburg maak sy eeufeesplanne

In 1981, op ’n jong stadium van sy sakelewe, was hy genomineer as finalis vir die gesogte toekenning van die SuidAfrikaanse Opkomende Sakeman van die Jaar. Met sy verblyf in die Vrystaat het Fred Kinnear ook enkele jare op Bloemfontein se stadsraad gedien. Hier het hy begin om sy voorliefde vir resiesperde uit te leef, en was hy later voorsitter van die Bloemfonteinse Renbaanklub en later ook ondervoorsitter van die Vaal Renbaanklub. Hy was ook ondervoorsitter van die Vrystaatse Perdeweddenskap-agentskap. Sy latere voorliefde vir wildbewaring kon hy uitleef by sy pragtige private natuurreservaat, Hannah Lodge buite Ohrigstad, wat hy oor jare saam met sy vrou en enigste kind, sy dogter Selize, ontwikkel het. Sy onderneming het met sy dood in ’n verklaring gesê dat in Fred Kinnear en sy vrou Hannetjie se lewens het werknemers nie bestaan nie. “Elkeen het as’t ware familie geword. Hulle was soos surrogaatouers en mentors vir meer mense as waarvan hulle self bewus was. Statig, met onwrikbare waardes, terwyl hulle deurentyd nederigheid en dankbaarheid uitgestraal het, is hoe elkeen hulle sal onthou.”

Fred en Hannetjie Kinnear met hulle troue in 1967; (middel) Fred Kinnear en Hannetjie as bekende eienaars van renperde. Hulle het ook ’n aktiewe rol in die Suid-Afrikaanse renperdebedryf gespeel en (heel regs) Fred Kinnear by een van sy vroeëre busse met sy dogter Selize.

The Kinnear family and Hannah Lodge:

The first time Fred George Kinnear visited the farm Luncarty on the outskirts of the tiny town Ohrigstad, little did he know what God had intended for him and the ground on which he stepped. During his second visit, Fred was greeted by a soaring black eagle, and he saw this as clear a sign: a destiny forever linked to this luscious land. On February 28, 1992, the Kinnear family purchased the farm. Fred, his wife Hannetjie and their daughter Selize had a joint vision to create a reserve in the heart of the African bush; conservation was their main inspiration. The land was called Hannah, which means “a gift from God”. After opening the once modest homestead to visitors, the reserve’s popularity grew and consequently the need for extra accommodation. The lodge was officially established in 1996, and over the years it has developed into Hannah Game Lodge as we know it today.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button