Local newsNews

Bobbejaanbyt skeur man se skouer oop in Marlothpark

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe lesers nie. Max de Kock is verlede Sondag in Mediclinic Nelspruit opgeneem na 'n onderonsie met 'n bobbejaan buite sy huis in Marlothpark. Hy is intussen al ontslaan.

Talle Laevelders en selfs besoekers aan die Laeveld kan sê hulle het al ’n onderonsie met ’n aap of bobbejaan gehad, maar hoeveel het al met ’n letsel op die linkerskouer weggestap?

Verlede Sondagmiddag in Soetdoringstraat in Marlothpark is dit juis wat met Max de Kock gebeur het.

LEES OOK: Annie’s journey to a loving home

De Kock het gesê hy was in die slaapkamer doening toe hy ’n rumoer in die kombuis hoor. “Ek stap toe om om te gaan kyk wat aangaan en sien ’n bobbejaanmannetjie in die kombuis.

“Die voordeur het oopgestaan, en toe hy my gewaar het hy deur se kant toe beweeg, my aan my been geklap en uitgehardloop.”

De Kock het die vrugte wat die bobbejaan rondgegooi het opgetel. Hy het uitgegaan om te kyk of die bobbejaan steeds daar was. “Die bobbejaan het my gesien, my bespring en my agter op my linkerskouer gebyt.

“My eerste reaksie was om weg te kom van die ding af, maar dit het ook so vinnig gebeur, ek het skaars kans gehad om om te draai.

LEES OOK: Not a happy ending for rescued serval kitten

“Ek het eers na die tyd besef hoeveel erger dit kon gewees het; hy kon my in my nek gebyt het of aangehou het om my aan te val na die eerste byt. Ek kan dit net as hair-raising beskryf.”

Hy was alleen daar; sy vrou was by hul huis in Mbombela. Hy het ’n nat lap gekry om die bloeding te probeer stop en is na die kliniek toe. Dié was egter toe, en hy kon geen van die personeel daar in die hande kry nie.

LEES OOK: Gebede vir baba Ayden bring hoop

Tussen een van sy vriende en die sekuriteitpersoneel aan diens kon hulle dit regkry om ’n ambulans vanuit Komatipoort te laat kom wat hom na Mediclinic Nelspruit toe geneem het.

Hier is sy wond skoongemaak en toegewerk, en het hy al die nodige inspuitings gekry. Hy is Woensdag ontslaan en sal oor ‘n week weer kan terugkeer werk toe.

Cyril Repinga, die woordvoerder van die Nkomazi Plaaslike Owerheid, het gesê hulle veldwagters is nog op soek na die bobbejaan, maar dit is moeilik om die één dier tussen al die res te identifiseer.

Volgens Repinga sal hulle eers kan vasstel wat hulle met die bobbejaan te doen staan na ’n assessering gedoen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button