Local newsNews

Só kan jy inskakel vir Fred en Hannetjie Kinnear se roudiens

Die besonderhede oor Fred en Hannetjie Kinnear se roudiens is bekendgemaak. Daar is egter net 'n beperkte hoeveelheid wat dit kan bywoon.

Die plaaslike sakeman, Fred Kinnear, en sy vrou, Hannetjie, wat kort na mekaar aan Covid oorlede is, se roudiens word komende Woensdag gehou.

Weens Covid-19-regulasies mag slegs ‘n beperkte hoeveelheid mense die diens bywoon, en die familie het dit goedgedink om dit ook aanlyn beskikbaar te stel.

Die diens sal vir dié wat die geleentheid nie kan meemaak nie, vanaf 11:00 op die volgende YouTube-skakel regstreeks uitgesaai word:

Diegene wat wel die diens by die NG Kerk Nelspruit-Suid wil bywoon, word gemaan om vooraf te bespreek deur Carien by 082 789 6370 te skakel.

Fred se dood volg twee weke in die waakeenheid. Hy was 79 jaar oud. Hy was onder meer die ontwikkelaar en eienaar van die Canary Walk-sakesentrum oos van die middestad.

Die familie het gevra dat vriende, in plaas van blommeruikers, eerder ‘n bydrae maak tot Fred en Hannetjie se Immanuel-gemeenskapstrust: Immanuel Trust, ABSA Bank, takkode: 632005, rekeningnommer: 4061787001.

Lees meer: https://www.citizen.co.za/lowvelder/735662/fred-en-hannetje-kinnear-sal-deur-vele-onthou-word/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button