Local newsNews

Die skaars posseëls van Lydenburg

Wie weet dat van die gesogste posseëls onder versamelaars wêreldwyd hier uit Lydenburg afkomstig is? In 2008 het daar selfs ‘n boek verskyn wat die agtergrond oor hierdie oorspronklike ou ZAR[1]posseëls toegelig het. Die boek, The Legacy of Lydenburg, is uitgegee deur die Filateliese Federasie van Suider-Afrika en is nagevors en geskryf deur Harry Birkhead, …

Wie weet dat van die gesogste posseëls onder versamelaars wêreldwyd hier uit Lydenburg afkomstig is?

In 2008 het daar selfs ‘n boek verskyn wat die agtergrond oor hierdie oorspronklike ou ZAR[1]posseëls toegelig het. Die boek, The Legacy of Lydenburg, is uitgegee deur die Filateliese Federasie van Suider-Afrika en is nagevors en geskryf deur Harry Birkhead, ere-lewenspresident van die federasie, en Joh Groenewald, ere-lewens[1]president van die Anglo-Boer War Philatelic Society, ‘n internasionale groep wat ‘n halfeeu gelede in Engeland gestig is. Groenewald, een van die land se grootse fi lateliste, is ‘n jaar of meer gelede in Kaapstad dood.

Lees ook: Trofee in modder gevind 20 jaar na Lydenburg se groot vloed

Die boek handel nie net oor die spesiale seëls nie. Dit gee ook ‘n lewendige blik op Lydenburg en sy mense in die tyd rondom die Anglo-Boereoorlog. Die boek handel kortliks oor die seëls wat vir ‘n kort tydjie in omloop was nadat ‘n Britse leërmag Lydenburg in September 1900 ingeneem het. Britse offisiere het seëls van die Transvaalse Republiek, oftwel die ZAR, in die poskantoor gevind. Hulle het dit toe na die plaaslike koerantdrukkery geneem en die voorletters van koningin Victoria in swart letters daarop gedruk. Dit moes dien ter aanduiding dat die ou Transvaalse posdienste nou voortaan deur die Britte bedryf sou word. Die ou drukpers wat hiervoor gebruik is, kan vandag in die plaaslike museum beskou word. Vandag is hierdie Lydenburg[1]seëls skaars en uiters gesog onder versamelaars wêreldwyd wat in die Anglo-Boereoorlog se posmateriaal belangstel. Die boek was die vierde en laaste in ‘n reeks wat handel oor die seëls wat Britse offisiere op dorpe in die Transvaal gemaak het.

Die ander boeke in die reeks gaan oor die seëls van Rustenburg, Schweizer-Reneke en Wolmaransstad. Die skrywers het Lydenburg ‘n paar keer gedurende hul navorsing voor 2008 besoek. Ek het toe met hulle kontak gemaak en ‘n keer lekker gesels. “Die seëls bestaan al ‘n honderd jaar. Dit is in die katalogusse. Partykeer word dit op veilings aangebied en mense versamel dit,” het Birkhead vertel. “Niemand het eintlik geweet hoe dit gebeur het nie. Maar nou, met oorspronklike navorsing, ontvou die hele verhaal vir die eerste keer.”

Die boek vertel hoe ‘n Britse leërmag uit twee rigtings gekom het om Lydenburg aan te val, en hoe die drukker en redakteur van die koerant, Hendrik Joubert, sommer op die eerste dag as krygsgevangene gearresteer is – al was hy ‘n burgerlike en nie onder wapen nie. Die Britte het twee militêre veldposkantore gehad, en ook die poskantoor by die landdroshof ingeneem. Hulle het die ou rooi republiekposbus gebruik wat vandag nog in Kantoorstraat staan, naby die Voortrekkerkerk. Agt waardes van die republiekseëls, van ‘n halfpennie tot een sjieling, is oorgedruk met die letters “VRI”, vir “Victoria Regina Imperatrix”. Die eenpennieseël was die meeste.

Om weer deur die boek te kyk is aangenaam, asook om die name van plaaslike historici en bekendes as medewerkers en bronne voorin die boek te sien, onder meer dié van JP Cilliers, die kurator van Lydenburg Museum, Marion Moir, ‘n kenner van die Anglo-Boereoorlog hier by wyle koerantman, Quintus Loots. Ook die boek het intussen versamelstatus gekry. Versamelaars van boeke oor seëls of die plaaslike geskiedenis sal weet hoe om moontlik nog ‘n eksemplaar op die internet op te spoor.

Lees ook: Lydenburg vloed – 20 jaar na verwoesting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button