Local newsNews

Kansa begunstigde van vierde Innibos In jou huis-konsert se fondse

Die Innibos In jou huis-konserte is weens die sukses van die eerste een in Maart, deesdae 'n maandelikse instelling.

Op 26 Junie was bekende pianis, Charl du Plessis, aan die beurt en het hy sy vertoning by gasheer Riaan Loubser se huis die klein, intieme gehoor betower. Loubser het Kansa as begunstigde genomineer en op 12 Julie is ‘n bedrag van R2 650 aan hulle oorhandig.

Hy het besluit om hierdie geld spesifiek aan die organisasie se Relay for Life-geleentheid te skenk, omdat hy 15 jaar lank self ook betrokke daar was en vir ‘n paar jaar lank die voorsitter was. Hy dien steeds as die voorsitter van die Relay Advisory Team in die nasionale span van Relay for Life.

“Kansa lê my baie na aan die hart, omdat hulle baie goeie werk doen. Selfs gedurende verlede jaar se streng grendeltydperk, het hulle steeds met nuwe idees vorendag gekom om mense te kan ondersteun, natuurlik die kankerpasiënte en die sogenoemde caregivers. Ek as vrywilliger kan sien hoe Kansa regtig ‘n verskil maak in mense se lewens,” het Loubser gesê.

Die gaste wat die konsert bygewoon het, is met ‘n heerlike hoenderkerrie en glühwein bederf, en almal het die aand terdeë geniet.

LEES OOK: Leë verhoë beteken leë beursies vir kunstenaars

Die volgende In jou huis-konsert vind op 31 Julie plaas, wanneer Jak de Priester aan die beurt is.

Die konserte word regstreeks deur 100.5 FM teen 19:00 die aand uitgesaai, en elke gasvrou en -heer skenk die toegangsgeld aan ‘n liefdadigheidsorganisasie van hul keuse, waaronder Kansa, Huis Betlehem, Dasha, die Pro Gratia-skool en die Teaterbystandsfonds.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button