Local newsNews

Vlooimark bekoor ieder en elk

Die Henk van Rooyen Park se vlooimark het die afgelope twee naweke inwoners, toeriste en selfs besoekers uit ander dorpe aangenaam verras met groot hoeveelhede stalletjies.

Met meer as 50 stalletjies oor die park se veld versprei, was daar alles van kos, drankies, speelgoed en kreatiewe kuns beskikbaar. ‘n Wye versameling van items kon alle behoeftes en begeertes bevredig.

Anna-Marie Cronje.

Die suksesvolle dag het nie daar geëindig nie. Die warm weer het die mense die geleentheid gebied om die swembad te geniet, asook die nuwe koffiewinkeltjie, Cuppu-chilla, wat die park onlangs oopgemaak het.

ALSO READ: Fondse ingesamel met elke kilometer wat dié wawiel aflê  

Jan en Minette Dreyer met hulle kunstige messe. Photo: Jenny Strauss.

“Ons het ongelooflik baie mense ontvang die naweek, en ons kon nie vir beter ondersteuning gevra het nie. Almal het die dag geniet, dié Saterdag en laas Saterdag. Die koffiewinkel het ook goed weggespring, en ons sien uit om weer die vlooimark te hou,” het Jenny Strauss, die bestuurder van Henk van Rooyen, gesê.

Mike Mhlabeni. Foto: Jenny Strauss

Die vlooimark vind oorspronklik op die eerste Saterdag van elke maand plaas. Die geleentheid word geskep vir plaaslike mense om inkomste te verdien met hulle harde werk, of dit nou kos, ingelegde produkte, koekies, handewerk, kuns of enigiets kreatief is.

Nellie Lupahla.

Die vlooimark is op 31 Julie gehou, aangesien dit nie op die eerste Saterdag van Julie moontlik was nie, en toe weer op 7 Augustus.

Ron Donachie en Rosemary Muldoon, die Marloth Honory Park Rangers by die vlooimark.
Elri Strauss en Monica Fererria met hulle kinders. Foto: Losaan Meiring.
Meandra van Zijl met haar jaffels. Foto: Losaan Meiring.
Joe Letcher met haar mooi plante. Foto: Losaan Meiring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button