Local newsNews

JamJar nog altyd ’n gunstelingkuierplek

Die nuwe bestuur by die JamJar Lounge blaas nuwe lewe in een van dié dorp se gunstelingkuierplekke.

Gusty Breytenbach en Dave Hinton is steeds die eienaars, maar James Luis en
Laruchelle Gerber is die medebestuurders.
Die kroeggedeelte staan bekend as One More Round, die pizzeria as One More Slice
en die teetuin as One More Cuppa. Luis daag dié wat kans sien uit. Verorber ’n 1 kg-biefstuk met bykosse en ’n bier binne 20 minute en dit is gratis, andersins kos dit R150. Plaas bestellings vir wegneemetes, sit aan by die gesellige tafels vir watertandlekker disse, of bespreek vir die viering van ’n spesiale geleentheid deur 013 235 0165 te skakel.

Kelners Matome Shayi en Cathy Mkansi verwelkom klante by die ingang.
Kelners Matome Shayi en Cathy Mkansi verwelkom klante by die ingang.
JamJar Lounge se nuwe dekor en mooi houtwerk word reeds deur kliënte waardeer. Hier is Lucy Hillebrand (kroegassistent), James Luis en Laruchelle Gerber, die bestuurders.

Lees ook: Provinsiale kleure vir ruiters

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button