Local newsNews
Dowwe Dolla groet die Laeveld met vertoning by Gaan Bos inniMall
Die geliefde blonde aktrise het vir oulaas met haar rooi stokkielekker in die Laeveld gedraai voordat sy haar stilettos ophang.


Dowwe Dolla was Donderdag, 23 September, vir die laaste keer in die Laeveld te sien tydens haar opvoering van Nou of nooit by Gaan Bos inniMall.
Dié stuk het die gehoor laat skaterlag met haar skerpskertsery oor alles van die Covid-19-pandemie en politici soos Cyril Rampahosa, tot Eskom en misdaad in Suid-Afrika.
Boonop het Dowwe Dolla se ouma ook ‘n draai op die verhoog gemaak en tonne vermaak verskaf met haar krom rug en skerp tong.

Coenraad Rall het Dolla op klavier vergesel. Tussendeur het die paar saam musiek gemaak en gesing.
Die stuk het ‘n sekere diepte aan dit gehad, en het ‘n gevoel van ubuntu onder die gehoor aangewakker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
