Gaan Bos inniMALL: Donderdag opsomming
Hier is ‘n opsomming van vandag se Gaan Bos inniMALL hoogtepunte

Frank Opperman sorg vir skaterlag én nadenke by Gaan Bos inniMall

Frank Opperman het Donderdagoggend vanjaar se Gaan Bos inniMall by i’langa Mall geopen met sy vertoning, Steeds Donkie, geskryf deur Dana Snyman. Die stuk is in ‘n fliekteater by Ster-Kinekor opgevoer en het gesorg vir skaterlag onder die gehoor. Opperman laat die gehoor egter ook nadink tydens ernstiger oomblikke.
Lees meer hier.
Innibos se eerste boekbekendstelling verloop glad inniMall

Annemarie van der Walt het by i’langa Mall die geleentheid gehad om Chris Daniel en Martie Naudé te vra oor hulle boeke by die boekbekendstelling vir Gaan Bos inniMall. Martie Naudé se boek, Die Padonkels van Hoekomsberg, Chris Daniel se African Educational Stories en Louisette le Roux se Die Avonture van Talita Tarentaal was die drie boeke by die bekendstelling by i’langa se piazza.
Lees meer hier.
Dowwe Dolla groet die Laeveld met vertoning by Gaan Bos inniMall

Lees meer hier.
Loki Rothman and 0260 a roaring success at Gaan Bos inniMall festival

Refentse was given the opportunity to welcome everyone to the piazza as he introduced the two music groups. He thanked everyone who attended the night and supported the restaurants. 0260 started the evening event at 17:00 and Loki Rothman took over around 18:00.
Read more here.
Kaalgat Karel ’n wegholsukses by Gaan Bos inniMall
Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout het fliekgangers laat skater op 23 September tydens die première van die fliek Kaalgat Karel by vanjaar se Gaan Bos inniMall. Soos jy by i’langa Mall se Ster-Kinekor ingestap kom, wag daar ’n wit Land Rover met plantegroei omring; dit sinspeel op die Land Rover wat Kaalgat Karel se vriend en huismaat, Flip, in die fliek bestuur.
Lees meer hier.
PROGRAM: Vermaaklikheid om oor bos te gaan inniMall

Feestelikhede skop reeds vandag af, tot Saterdag, 25 September, en daar is musiekopvoerings, toneelstukke, boekbekendstellings, komedie, kuns en nog allerlei verrassings. Van die hoogtepunte op die program is die musiekkonserte elke aand by die piazza en die ingang na die vermaakarena, die entrance@entertainment. Majozi, Ross Learmonth van Prime Circle en Elvis Blue tree by laasgenoemde op. Mense moet sitplekke bespreek by die onderskeie restaurante (Spur, RocoMamas, Mediterranean en Salsa) in dié sentrumvleuel.
Kyk die program hier

