Local newsNews

Innibos se eerste boekbekendstelling verloop glad inniMall

Drie boeke deur plaaslike skrywers is by die eerste bekendstelling in die kollig geplaas.

Annemarie van der Walt het by i’langa Mall die geleentheid gehad om Chris Daniel en Martie Naudé te vra oor hulle boeke by die boekbekendstelling vir Gaan Bos inniMall.

Martie Naudé se boek, Die Padonkels van Hoekomsberg, Chris Daniel se African Educational Stories en Louisette le Roux se Die Avonture van Talita Tarentaal was die drie boeke by die bekendstelling by i’langa se piazza.

Le Roux kon egter nie die bekendstelling bywoon nie, maar haar boek is steeds aan die publiek voorgestel.

LEES OOK: Frank Opperman sorg vir skaterlag én nadenke by Gaan Bos inniMall

Renosterstropery en die bewusmaking daarvan is ‘n prioriteit vir Daniel, en sy stories in “Bongi’s Quest” is daarop gerig om kinders te leer dat die natuur en dierelewe bewaar moet word.

Soos almal tuis was met die inperkingstydperk, het Martie Naudé, ‘n onderwyseres van Hoërskool Nelspruit, die verhaal van die Padonkels beplan en geskryf. Die verhaal is deur Karen Breytenbach geïllustreer en handel oor ‘n gelukkige gesinnetjie en hul vreemde diere in hulle ongewone wêreld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button