Local newsNews

Wynand van Vollenstee stel nuwe produksie bekend

Dié akteur het sy nuwe produksie vir die eerste keer by die langnaweek se Gaan Bos inniMall bekendgestel.

 
Geen salf te smeer, ‘n nuwe produksie deur Wynand van Vollenstee, is Vrydag, 24 September, vir die eerste keer by Gaan Bos inniMall op die planke te sien.
 
Van Vollenstee, ook bekend vir sy rol as Karate Kallie en onlangs Gielie in die trefferreeks Ouboet en Wors, bewys in dié stuk hoe veelsydig hy is deur ‘n versameling van karakters te vertolk.
 
 
 
Die stuk handel oor ‘n tornado wat die dorp Mooinooi tref. Elke inwoner het natuurlik ook hul eie verduideliking van wat gebeur het toe dié ramp plaasvind.
 

Van Vollestee sorg vir ‘n uur van vermaak en die gehoor het vasgenael gesit en sy skreeusnaakse solostuk geniet. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button