Local newsNews

Kaapsewyne word voorgelê

Lyngrove Wyne se Jan-Nico Coetzee het al die pad van die Wes Kaap af gekom om die wynliefhebbers hier te laat proe hoe lekker hulle wyne is.

  1.  Café Crust het van die maandelikse
    wynproe op 16 September ’n onthou aand gemaak met ’n heerlike panzanella voorgereg, afgerond met ’n hoofgereg van varkvleis met roosmaryn, sneeu-aartappels
    en die allerfraaiste groenbonepakkie in spek toegedraai.
  2. Jan-Nico Coetzee, Andre du Preez, Frik Bronkhorst en Anton Linström.
  3. Gildelede en gaste is dit eens dat dit
    een van die lekkerste proeë van die jaar was, goed gebalanseer met lekker kos, ’n leersame aanbieding en uithalerwyne uit Lyngrove se Collection-, Reserve- en
    Platinum-reekse.
  4. Die Lyngrove Platinum Pinotage 2018 het loshande voorgeloop as wyn van die aand, en die welkomwyn, Collection Sauvignon Blanc, is as beste waarde vir geld aangewys.
  5. Maar ’n kortkop agter die twee was die Collection Rosé, die volronde
    Reserve Shiraz Pinotage en Collection
    Shiraz, wat alte lekker saam met die
    varkvleis gegaan het. Lyngrove se Reserve Chardonnay het ook ’n A+ behaal.
  6. Jan-Nico Coetzee skink ’n proesel vir Lize Maritz en ‘n gas.
  7. Lyngrove Wyne is tussen Stellenbosch
    en Somerset-Wes in die “goue
    driehoek” van die Kaapse wynlande
    geleë. Die landgoed presteer gereeld in
    wynkompetisies en maak gereeld naam met hulle besonderse pinotage.
  8. Hulle  wyne is bekostigbaar en die drie reekse voorsien in die kategorie van “tjop-en dopwyne” onder R90. Die Reserve-reeks  wat teen R130 ’n bottel verkoop en die Platinum-wyne teen R240 per bottel hoef nie terug te staan vir veel duurder presteerders nie.

 

  1. Lees ook: Koeleman-huis ná dekades steeds ’n baken in Lydenburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button