Local newsNews

KYK: Susan Coetzer kuier ’n uil uit ’n ysbos by Innibos

Die bekendstelling van Coetzer se roman, Die uil in die ysbos, het op 25 September met ’n gesellige atmosfeer by Doppio Zero plaasgevind.

Die uil in die ysbos het sy sprokieagtige bestaan, saam met sy hoofkarakter, Gracie, gedurende die aanvanklike pandemietydperk uit Susan Coetzer se pen gehad.

Coetzer was op 25 September by i’langa Mall se Doppio Zero te sien vir die bekendstelling van dié roman as deel van hierdie jaar se Gaan Bos inniMall.

Die roman het al rondom 30 000 eksemplare verkoop en Coetzer sê sy het al ongelooflike terugvoer gekry. Dit is iets wat sy besonders waardeer, want sy sê dit gee haar moed vir toekomstige boeke.

LEES OOK: Kaalgat Karel ’n wegholsukses by Gaan Bos inniMall

In gesprek met Annemarie van der Walt het sy meer gedeel oor haar karakters se lae, hulle vorming en ook die skryfproses oor die algemeen.

Gracie is ’n sprokieskrywer en illustreerder, het ’n groot liefde vir rooiwyn, ly aan aandagsgebrek-hiperaktiwiteitsindroom, obsessiewe-kompulsiewe sindroom, asook posttraumatiese stresversteuring (algemeen in Engels bekend as ADHD, OCD en PTSD) en moet boonop nog sin maak van haar verhouding met haar tienerseun.

Coetzer het dele uit haar boek voorgelees, kompleet met byklanke – tot groot genot van haar restaurantgehoor.

LEES OOK: Dowwe Dolla groet die Laeveld met vertoning by Gaan Bos inniMall

Coetzer is weer op 9 Oktober by Die Stoor net buite Mbombela te sien vir diegene wat haar by die fees misgeloop het. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button