Local newsNews

Marinda kook maklik en uit die hart

Tydens die bekendstelling van haar boek, Marinda se koskas, het Marinda Engelbrecht ook ’n kosdemonstrasie in Doppio Zero tydens Gaan Bos inniMall gelewer.

Marinda Engelbrecht het ’n kookboek geskryf met die doel om kosmaak vir mense makliker te maak. Tydens die boekbekendstelling by Gaan Bos inniMall het sy verduidelik wat haar geïnspireer het om die boek lewe te gee.

Haar dogter het haar eens gevra hoe sy iets maak. Engelbrecht sê toe vir een stap in die resep gooi sy drie skote worcestersous in, waarop haar dogter toe antwoord: “Maar hoeveel is Ma se drie skote?”

Dit het haar laat besef dat sy haar uit-die-hart-kokery in woorde en meer praktiese instruksies wou omskakel.

LEES OOK: Oskar en die pienk tannie: ’n almal-in-een deur Sandra Prinsloo

Met haar skerp sin vir humor het Engelbrecht tydens die bekendstelling haar kennis en ook ’n staaltjie hier en daar gedeel. Sy het selfs iemand uit die gehoor ingespan om iets vir haar te klits terwyl sy ’n gesprek met Annemarie van der Walt, die bekendstelling se gespreksleier, gevoer het.

Engelbrecht is ’n vrou van vele talente. Nie net was sy op die TV-kookprogram Kokkedoor nie, maar sy het ook wortels in die kunstewêreld, wat haar minstens sewe maal per jaar uit die land uit neem.

LEES OOK: KYK: Susan Coetzer kuier ’n uil uit ’n ysbos by Innibos

Die gehoor se aandag was deurentyd op die demonstrasie gevestig, en van die skerper lede moes selfs hier en daar hoofrekeninge doen om die kok met haar afmetings te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button