Local newsNews

Treurwilg ter ere van die slagoffers van Covid-19

Welma Bezuidenhout, Pro Gratia se finansiële bestuurder, het gesê die boom se simboliek word vir haar deur Jesaja 55:12 uitgebeeld

Pro Gratia Leersentrum en die tuisskoolgemeenskap het verlede week bymekaargekom om ‘n boom te plant ter herinnering aan geliefdes wat gedurende Covid-19 hul lewens verloor het.

Welma Bezuidenhout en ‘n klein spekboompie wat die tuisskoolgroep ook geskenk het.

Daar is ‘n jong treurwilg net buite die skool se speelgrond geplant.

Ansie Viljoen, die onderhoof by Pro Gratia, staan reg met ietsie ekstra om die boom te help groei.
Tanya Kemp verduidelik wat die skenking vir hulle simboliseer.

LEES OOK: IN FOTO’S: Dié leerders ken van kuns en voor ‘n gehoor praat

Die tuisskoolgemeenskap het as deel van ‘n uitreik die boom aan Pro Gratia geskenk. Leerders van beide instansies het beurte gemaak om die gat waarin die boom geplant is, toe te gooi. Selfs ouers en onderwysers het ingespring om die boom te help staanmaak.

Die stof met die boomplantery pla Henno Fourie nie in die minste nie.

Welma Bezuidenhout, die skool se finansiële bestuurder, het gesê die boom se simboliek word vir haar deur Jesaja 55:12 uitgebeeld: “Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.”

Prince Silsaule en Henno Fourie maak die boom reg vir plant.

Een van die ouers van die tuisskool-groep, Tanya Kemp, het almal daar toegespreek en ook sommer die geleentheid gebruik om met die leerders die waarde van bome te bespreek.

Henno Fourie begin solank die gat met grond vul.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button