Local newsNews

Hollywood vereer plaaslike waaghals

As deel van 'n waagartiesensemble in die fliek Mad Max: Fury Road moes Ian Meiring op 'n kar sonder een wiel staan wat agteruitgejaag het, en op karre rondbeweeg en hang terwyl hulle deur die woestyn jaag.

Van kleins af al het Ian Meiring van dakke afgespring en aan takke rondgeswaai, min wetend dat dié waaghalsneigings hom op ‘n fliekstel in Namibië sal laat beland.

Die 28-jarige Meiring is vandag die finansiële bestuurder van Divergent Ops Nelspruit, maar vir vier jaar van sy lewe was hy ‘n waagarties of stuntman.

Ian Meiring (regs) saam met ‘n lid van sy waagartiesensemble.
Ian Meiring op die stel van Mad Max: Fury Road.

Hy het onlangs ‘n Skermakteursgilde-toekenning ontvang in dié verband vir uitmuntende optrede deur ‘n waagartiesensemble in die fliek Mad Max: Fury Road met Charlize Theron en Tom Hardy. Alhoewel die fliek in 2015 verskyn het, het hy eers hierdie week die sertifikaat in die pos ontvang.

Die bekende akteur, Tom Hardy, en Ian Meiring.

“My stiefpa, Tyrone Stevenson, werk al sy hele lewe lank in dié bedryf, en vandat hy en my ma saam is het hy ons baie gewys en geleer van wat agter en voor die kamera aangaan.

Mad Max: Fury Road.

“Só het ek ‘n fassinasie ontwikkel met die bedryf, maar nooit gedink ek sou eendag deel vorm daarvan nie.”
Meiring het vir ‘n paar akteurs ingestaan en meeste van die res ontmoet, onder andere Charlize Theron, Tom Hardy, Nicholas Hoult, Hugh Keays-Byrne, Rosie Huntington Whiteley, Nathan Jones, Zoë Kravitz, Abbey Lee Kershaw en soveel meer.

Ian Meiring op die stel van Mad Max: Fury Road.

“Ek het stunt-doubling gedoen vir Nicholas Hoult, Josh Helman, John Howard en selfs twee van die vrouens, Megan Gale en Abbey Lee Kershaw.

“Ek moes op ‘n monster truck klou terwyl hy oor rotse ry en deur vlamme jaag. Ek moes agter op ‘n motorfiets staan en ‘n boom stick in die een kar druk om te ontplof en later weer van die fiets afval terwyl ons aan die beweeg was.

Ian Meiring op die stel.
Ian Meiring op die stel van Mad Max: Fury Road.

“Ek moes ook op ‘n kar sonder een wiel staan wat agteruitgejaag het, en ons moes op karre rondbeweeg en hang terwyl ons deur die woestyn jaag. Ons het ook vegtonele uitgewerk vir die akteurs.”

ALSO READ: SANBS continues to battle critically low blood stocks

Behalwe vir dié fliek het Meiring sy stiefpa-hulle by ‘n paar films tydens skoolvakansies gehelp. Een hiervan was Surviving Evil; die res se titels het hom ontgaan.

Ian Meiring op die stel van Mad Max: Fury Road.

“Dié toekenning is vir my ‘n herinnering dat jy baie meer kan bereik as wat jy ooit dink. Werk hard en mik vir die sterre; daar is ‘n groot kans dat jy dit kan maak. Ek meen, ek het nooit eers gedink ek sou die agterkant van ‘n fliek haal nie, wat nog te sê van in hulle wees!”

Ian Meiring (regs) saam met ‘n lid van sy waagartiesensemble op die stel van Mad Max: Fury Road.<br /><br />LAYOUT PLEASE ITALICISE Mad Max: Fury Road

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button