Local newsNews

LHS vier 100 jaar

Om 100 jaar oud te word regverdig ’n ophef wat waarde heg aan hierdie herdenking. Vandeesweek word hierdie besonderse mylpaal met ’n gedenkuitgawe van die Hoërskool Lydenburg se 100ste verjaardag gevier.

Vir hierdie spesiale foto is die gr. 8- verteenwoordigende leerderraad nader geroep om saam met Hannie van der Merwe (92) afgeneem te word. Die foto verteenwoordig die jeug wat die skool in die toekoms binnetree teenoor die ouer generasie wat soveel vir die skool en dorp beteken het.

Op die foto gee Van der Merwe simbolies ’n aflosstokkie oor aan die jeug om die skool ‘padlangs’ op koers te hou, soos die skool se leuse bepaal.

Lees die volledige feeskoerant hier:

https://www.citizen.co.za/lowvelder/epapers/hoerskool-lydenburg-100-jaar-2021/

Program:
Vrydag 1 Oktober:
• 18:00: Night Under the Stars (NUTS) -piekniek. Reeds vol bespreek.

Saterdag 2 Oktober:
• 08:00: Kleuterspeelpark met springkastele en glybane op die B-veld. R50 per persoon. Kaartjies by hek beskikbaar.
• 10:00 en 15:00: Geskiedkundige toer deur skool. Meld by ontvangs aan 15 min voor die toer begin.
• 10:00: Koffiehuis en teetuin open. Tente op die rugbyveld vir jaargroepe. Aandenkings en 100-jaar Feeswyn sal te koop wees. Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar.
• 10:00: Gholfdag te Lydenburg Gholfklub.
• 12:00: Wedstryd tussen Springbokke en All Blacks in die skoolsaal.
• 16:00: Laertrek op veld vir kenmekaar.
• 18:00: Amptelike verwelkoming en afvuur van die kanon. Bring en braai. Skool voorsien tafels, stoele, vure, pap en sous. Bring eetgerei, kampstoele, vleis en braaitange.

Sondag 3 Oktober:
  • 09:00: Kerkdiens, NG Moedergemeente, Lydenburg. Tee en verversings by Voortrekkerkerk na diens. Algemeen: Parkering op die skoolterrein, gebruik die skool se hoofhek. Dra ’n masker, saniteer gereeld en hou ’n veilige afstand.

Vir enige navrae, skakel die skool by 013 235 2111 of Ian Breitenbach by 082 729 6733 of Michelle Boshoff 076 091 8401.

Die volledige feesprogram is op die skool se webwerf www.lydenburghs.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button