Local newsNews

Van sterrekyk tot PhD in astrofisika

Haar liefde vir die heelal het reeds op 'n jong ouderdom begin.

Petro Janse van Rensburg (25), ‘n oudleerling van Laerskool Nelspruit en Hoërskool Nelspruit, se liefde vir die heelal het reeds op ‘n jong ouderdom begin.

Sy het as kind op ‘n plaas buite Malalane grootgeword waar sy gedurig saans na die sterre gekyk het. Vandag is sy besig om vir haar doktersgraad in astrofisika aan die Universiteit van Kaapstad te studeer.

LEES OOK: IN FOTO’S: Hoërskool Nelspruit hou matriekafskeid

Sy het onlangs die bevindinge van haar meestersgraad by dieselfde universiteit aan die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium voorgelê.

“Astrofisika klink baie gekompliseerd, maar dis eintlik net astronomie of sterrekunde. Dit is die studie van alles in die heelal en dis nogal ‘n wye rigting. Dit sluit alles vanaf planete tot asteroïdes, die son, sterre en ander sterrestelsels in,” verduidelik sy.

Sy sal na verwagting in 2023 haar doktorsgraad voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button