Anne-Mari deel haar nuwe liedjie met haar naastes
Koos Schoonraad het gehelp met die aanmekaarslaan van die aand, en sê Anne-Mari is vir hom soos 'n dogter. "Ek wou net vir haar iets reël soos wat ek vir my eie dogter sou reël."
Anne-Mari het haar nuutste liedjie, “Hartklop”, verlede week by Sonpark bekendgestel voor ‘n intieme gehoor van mense wat vir haar belangrik is.

Laevelder was daar om die oomblik op ‘n regstreekse Facebook-video vas te vang. Saam met die bekendstelling het sy ook ‘n kompetisie gehad vir haar aanhangers, waarmee hulle die geleentheid gekry het om te sê wie hulle hartklop in hulle lewens is; die wenner hiervan was Tameren Heyneke.


LEES OOK: Juané laat die SA-rekords spat
Koos Schoonraad het gehelp met die aanmekaarslaan van die aand, en sê Anne-Mari is vir hom soos ‘n dogter. “Ek wou net vir haar iets reël soos wat ek vir my eie dogter sou reël.”


Dié kunstenaar het ook tydens Erfenisdag ‘n paar ouetehuise in die provinie gaan besoek met die Lions Club, en het die bejaardes dít nou geniet! Die toer het afgeskop by die Belfast Rusoord, waarna hulle in Waterval Boven ‘n draai gemaak het. Die laaste stop was in Mbombela by Oranjezicht.

Hulle is hartlik verwelkom by elke geleentheid en het selfs ‘n braai by die laaste bestemming gekry.

