Local newsNews

IN FOTO’S:Geveerde vriende maak hul opwagting in Laeveldse tuin

Die twee uilkuikens het onlangs hul vlerke gevind nadat hulle vroeër vanjaar uitgebroei het.

‘n Laeveldse vrou is onlangs verras deur die aankoms van twee gevlekte ooruil-kuikens in haar tuin.

Foto: Tanja Prinsloo
Foto: Tanja Prinsloo

Tanja Prinsloo het gesê die kuikens se ouers bly al vir die afgelope twee jaar in hulle palmboom in die tuin.

LEES OOK: Van sterrekyk tot PhD in astrofisika

Die eerste kuiken het op 25 Augustus uitgebroei en kort daarna die tweede een. Die ma het hulle opgepas totdat hulle sterk genoeg was om te leer vlieg.

Die eerste kuiken het op 30 September begin leer en die tweede een op 5 Oktober. Prinsloo het gesê dit is baie opwindend vir haar om hulle in die tuin en om die huis te sien baljaar.

Sy werk baie hard om hulle veilig te hou en hoop dat dit hulle permanente tuiste sal word.

Foto: Tanja Prinsloo
Foto: Tanja Prinsloo
Foto: Tanja Prinsloo
Foto: Tanja Prinsloo
Foto: Tanja Prinsloo

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button