Bewolkte weer maak g’n keer aan boeremark
Die mark word op die eerste Saterdag van elke maand vanaf 08:00 tot 12:00 gehou.
Selfs reën en bewolkte weer het Saterdag die besoekers nie afgeskrik om die maandelikse boeremark by te woon nie.

Die boeremark het Septembermaand 13 jaar oud geword en word vir ses jaar reeds by die Oewersig-gemeenskapsaal aangebied.
Alles van hand- en tuisgemaakte produkte tot geurige kos en vars groente word by die boeremark verkoop.

Die mark word op die eerste Saterdag van elke maand vanaf 08:00 tot 12:00 gehou. Om 17:00 is daar gewoonlik langarmdans.
Daar is ook hope vermaak vir die jongspan met ‘n springkasteel en ‘n groot, oop spasie waar hulle in die natuur kan speel. Besoekers kan ook daarna uitsien om by die mark perd te ry.

LEES OOK: IN FOTO’S:Geveerde vriende maak hul opwagting in Laeveldse tuin
Volgens Lyzelle van Wyk, die organiseerder, is mense welkom om op die terrein te braai en hul honde saam te bring vir pret in die buitelug.

“Die mark is oop vir enigiemand om hul produkte hier te verkoop. Dit is iets wat ons doen om die gemeenskap te bevorder.”
Dit kos R125 om ‘n stalletjie by die boeremark te bespreek. Belangstellendes kan vir Van Wyk by 083 492 0583 kontak.

