Tanja de Kock (nee Bouwer) by die akademiesebord, sy was die 1990-hoofdogter.
Met ’n passie vir “padlangs” loop, soos die skool se leuse onderskryf, het Ian Breitenbach, die adjunkhoof, se Fitbit hom ná die naweek in kennis gestel dat hy altesaam 43 000 tree, gelykstaande aan 35 km, op die skoolterrein afgelê het toe hy gesorg het dat alles oral seepglad verloop.
Soos die oudskoolhoof Thys Cronje gesê het: “Dit was ’n naweek vir die boeke.” Hy en sy vrou, Mart Cronje, het in Stilbaai gaan aftree, maar was baie opgewonde om weer met oudleerders en kollegas te kon kuier.
Michael van der Merwe, die skoolhoof, en sy vrou Anine het die staaltjies van Cronje se onderwysdae terdeë geniet.
Hulle het saam met die eeufeeskomitee gasheer vir die naweek gespeel. Selfs ’n donderstorm wat tydens Saterdagaand se kenmekaar op die dorp toegesak het, kon die geesdrif nie demp nie.
Dit het inteendeel vir baie meer kosbare herinneringe gesorg. Die naweek is afgeskop met piekniekbokse en ’n pragtige aandfunksie Vrydagaand in die skoolsaal. Saterdag was daar verskeie aktiwiteite soos ’n pretpark en waterglybane vir kinders, skooltoere en ’n gholfdag. Vir die pretpark alleen het 700 kinders opgedaag.
By die onderskeie markiestente op die rugbyveld het onder meer die 50-jaar reunie vir die 1971-matrikulante plaasgevind en die 30-jaar reunie vir die 1991-matrikulante. Die diens by die NG Moedergemeente op Sondag 3 Oktober was vir baie feesgangers die hoogtepunt van die naweek.
Ds. Liza Jansen, voltydse leeraar aan die Hervormde Kerk Witbank-Suid, het die diens waargeneem.
Haar mede matrikulant van 2007, Stefan Steyn, het die orrelbegeleiding waargeneem. Hy is verbonde aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus se konservatorium.
Steyn se pa is ds. Abel Steyn, leeraar van die Gereformeerde Kerk Lydenburg. Niemand kan uitgesonder word met bedankings nie; dit was ’n spanpoging tussen die eeufeeskomitee, Hoërskool Lydenburg se bestuur en onderwysers, oudleerders en verskeie borge.
In foto’: Kyk na die gallery met net ‘n paar foto’s.
Sakkie Breitenbach, matriekleerder 1969.
Susan van Aardt (nee Steenkamp, matriekleerder 1973) en dr. Leon van Aardt
Menita Visagie, Jeon van Staden, Duane Breytenbach.
Die 1991-groep is Willem van Wyk (hoofseun, 1991), Annemarie de Jager (oudonderwyser), Ronel Myburgh (oudonderwyser), Gerda Cilliers (née Verbeek) en Lindi Nel (née Schutte).
Voor Hannetjie van der Merwe, Rosemarie Hamman (nee Schulze), Jan van der Merwe; agter Annette Schoeman en Elza van der Merwe.
Mart Cronje, Michelle Boshoff en Thys Cronje.
Anine en Michael van der Merwe (skoolhoof LHS).
Ds. Liza Jansen, Louise Steenkamp en Stefan Steyn.
Ian Breitenbach, Andries en Marlize Nel, Erika Smit, Thys en Mart Cronje, Annemarie de Jager, Christine en David Milner en Michelle Boshoff.
Geslagte van oud-leerders en nuwe onderwysers in een familie. Van links Naomi Nel (matriek (matrikulant 2010 en onderwyser). , Annelie Henery (matrikulant 1978), Mathilda Nel (matrikulant 1945), Annemarie Smith (matrikulant 1974).
Van links voor Hannetjie van der Merwe (nee Bothma), Rosemarie Schulze, Jan van der Merwe; agter Annette Schoeman en Elza van der Merwe.
Prof Louis Changuion, historikus en bekende skrywer, het in 1957 by LHS gematrikuleer. Saam met hom is Johan Stears, 1958-matrikulant. Dit was ’n voorreg om hierdie twee menere by die geleentheid te sien.
Thys Cronje (oud-skoolhoof) en Ian Breitenbach (adjunkhoof).
Annemarie Smit, Mathilda Nel en Annelie Henery (née Nel). Mathilda was ook verbonde aan die Laerskool Lydenburg en was vir dekades ’n geliefde gr. 1-onderwyser. Sy het die geslagte wat by LHS was se name spesiaal vir die koerant neergeskryf. Dis ’n indrukwekkende lys wat baie waardeer word.
Oudleerders en hul gades van die 1972-matriekgroep. Cules en Judy Brink (née Van Wyk), Arno en Antjie Barnard (née Winterbach), Delene en Lees de Souza en Annamarie van Renen (née Ackermann).
Die 1970-matriekgroep het nie dat die reënbui hul geesdrif demp nie. Voor: Nellie Schutte (née Roelofse), Riekie Geldenhuys (née Smit), Mienie Visser (née Steenkamp), (agter) Louise Steenkamp (née Van den Berg), Annali Roos (née Muller) en Atella Pierneef (née Goss).
Stefan Steyn voor die orreluitvoering.
Pragtige blomme in die voorportaal. Elke hoekie van die skool was opgetooi.
Ds. Liza Jansen, Louise Steenkamp en Stefan Steyn.
Chris Davel (1979-matrikulant), ds. Liza Jansen, Louise Steenkamp, Stefan Steyn (orrelis), Michelle Boshoff en Rudolph van Graan. Van Graan het al die pad van Los Angeles spesiaal vir
die eeufees kom kuier.
Irma Verster, Marié Verster (nee Steyn, matrikulant 1951) en dr. Johan Verster. Hulle het spesiaal hul ma eeufees toe gebring maar was nie op LHS nie,
Johan Stears en prof. Louis Changiuon.
Andries en Dries Nel.
Mienie Visser (née Steenkamp) en Atelle Pierneef.
Elza en Jan van der Merwe saam met ou skoolmaats.
Elza van der Merwe, Louise Steenkamp, Hannelie McGill (onderwyser), Mareli McGill en Jan v d Merwe.
Ian Breitenbach (LHS adjunkhoof), Andries en Marlize Nel, Erika Smith, Mart en Thys Cornje (oud-skoolhoof en sy gade), Annemarie de Jager (oud-onderwyser).
Die 1970-leerders voor die skool.
Graad 11 helpers in die teetuin, van links Amore Lambrechts, Anneke Lund, Carika du Toit, Bianca Cross, Dedrei du Toit (onderwyser), Marizelle de Klerk en Leana Cronjè.
Die 1991-groep met oud-onderwysers.
CP, Lydia, Kalinka en Alet Niemand.
Akteur Fanie Schoeman en sy ma by haar ou klas. Annette Schoeman is ‘n oud-onderwyser en leerder.
Die 2000 matriekgroep of ‘koshuisbrakke’ soos hul oud-onderwyseres, Louise Steenkamp hulle noem. Van links is Wickus Vereyne, Jonathan Middelton, Louise Swanepoel en Albert Winterbach.
Die toergroep tydens ‘n skooltoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!